Rowers buit Bloem-winkel, ondanks leë kluis

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na vier verdagtes wat Woensdag ʼn gewilde  klerekettingwinkel in Bloemfontein se middestad beroof het.

Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die verdagtes omstreeks 08:30 op die winkel in Charlotte Maxekestraat toegeslaan, kort nadat dit vir besigheid oopgemaak het.

“Die vier se gesigte was met klapmusse bedek. Hulle het ingestap en die bestuurder en personeel met gewere aangehou,” het Marope gesê.

Die bestuurder is gedwing om die kluis oop te maak. “Daar was egter nie geld in die kluis nie. Hulle het daarna ʼn kasregister oopgedwing en gevlug met ʼn onbekende hoeveelheid kontant wat daarin was.”

Geen skote is tydens die voorval afgevuur nie. Die personeel is ongedeerd maar getraumatiseerd.

Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lance ·

Ag niemand is eers meer bang vir die polisie nie want hulle self is skelm …mos al baie op tv gesien en gelees

John ·

Volgens inwoners van Bloemfontein is die stad so te se reeds deel van Lesotho en beweeg mense daagliks heen en weer. Misdadigers glip gou weer oor die grens na misdade. Die ooparm-universiteit lok duisende vanuit Lesotho en mense oorspoel die winkelsentrums. Bloemfontein staan onder ANC beheer en erge verval vind plaas. In die buitewyke van die stad is glo verskeie privaat vullis-sorteerterreine waarheen die swartsakbrigade daagliks hul vol winkelwaentjies stoot vir ‘n aalmoes. Die hope stank strek glo hemelhoog. Misdaad, veral huisroof, neem ook volgens die polisie toe. Die’ ou statige plattelandse stad het sy glans en onskuld verloor.

Flibo ·

John, al die dorpe en stede gaan nog hul glans verloor. Hulle val so een na die ander onder kriminele misdaad. En ons ou patetiese polisie mag kom nie n duim nader om dit in te haal nie. Nee wat !! Dis n hopelose saak.

Kowa ·

Flibo ek dink dit is vandat ons Polisiemag nie meer ‘n mag is nie, maar nou ‘n “diens/service” is, het die pap op die grond geval.

m ·

Mooie en rustige Bloemfontein het n ramp geword. Die kriminele neem oor hier. So gehoop die DA gaan oorneem hier. DA julle sal moet hard werk vir Bloemfontein ons het julle nodig!!!!!

CHRISTA ·

Julle moet onthou: ons land word deur All the Nation’s Criminals bestuur en voordat hulle nie onttroon word nie, sal misdaad in ons land nie afneem nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.