Rowers buit duisende by Tzaneen-pizzaplek

Die verdagtes loop met hul buit weg. Foto: Verskaf

Die verdagtes loop met hul buit weg. Foto: Verskaf

ʼn Pizzarestaurant in Tzaneen in Limpopo is Sondagaand binne vyf minute van duisende rande beroof.

Marius Jacobs, woordvoerder van Watchdog Tzaneen, het Maandag aan Maroela Media gesê twee gewapende mans het omstreeks 22:15 rustig by die restaurant ingestap, terwyl een verdagte vermoedelik in hul wegkommotor, ʼn wit sedan, gewag het.

“Die mans het by die restaurant ingestap terwyl die personeel besig was om uit te gaan. Een verdagte het ʼn vuurwapen uitgehaal en op kontant aangedring. Hulle was binne vyf minute uit met sowat R18 000 en ʼn skootrekenaar,” het hy gesê.

Watchdog Tzaneen is om 22:21 ontbied en was ʼn minuut later op die toneel met die Tzaneen-polisie kort op hul hakke.

“Die verdagtes was reeds weg en is steeds soek. Niemand is tydens die rooftog beseer nie,” het hy gesê.

Jacobs het die Tzaneen-polisie bedank vir hul spoedige optrede. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

m ·

Geen wonder die mense wil nie meer werk nie dis net makliker om te steel…..

Piet Pompies ·

Skokkend, ons was ‘n rukkie terug by Kentucky in Vanderbijlpark waar daar traliewerk (kabels) gespan is tussen die kasiere en die kliente…..

Willie ·

Die regering moet meer fokus op die diefstal, moored, roof, ents… Maar nee nethied by skole is nou die voorloper van rassisme…

Michelle ·

NATUURLIK is niemand in hegtenis geneem nie, hoe dan nou anders. SAPD wag om die hoek.

KarooKlong ·

Die suksesvolste aktivis is nie die een wat al die foute kan uitwys nie.
Dit is die een wat bereid is om te help om die foute reg te stel.

Sydney ·

MIchelle, moenie almal onder een kamp skeer nie. Ja daar is slegte appels tussen die ander wat hulle lewe sal op offer om jou te beskerm. Jy sal sekerlik vining op jou telefoon spring en bel as jy sien jy of jou familie se lewe is in gevaar ,nie waar nie. Kyk na die families spesifiek die kinders wat ‘n ouer aan die dood moes afstaan. Ek bid dat so iets jou nie sal oorkom nie. DINK voordat jy so iets kwyt raak asseblief

Stem saam ·

Sydney ek stem saam Michelle tensy jy die statestieke het dat daar minder vrot appels is. 99.99% is dit of ‘n “inside story” of georkestreer deur die “gereg” en hul boeties en sussies. Ek lees en kyk ook nuus.

Niekie ·

Ek stem saam met Sydney. Vrot appels is daar verseler in die SAPDS. Maar daar is nog baie goeie polisie manne en vroue oor. Ons kan gerus meer berig oor die goeie werk wat nog deur die Polisie gedoen word.

Jaco Grobler ·

Sydney, jy kan nie die realiteit vermy nie, natuurlik is daar goeie lede in die SAPD, maar die feit blybstaan die organisasie as ‘n geheel is onbeholpe. So terloops, my gesin se eerste oproep/noodkreet is altyd na die gemeenskap toe, hulle/ons is baie meer effektief met onmiddelike gevaar en ek het meer as ‘n dekade se statistiek wat dit maklik bevestig. Die oproep na die SAP is bloot om misdaad statistiek op datum te hou of om ‘n nommer vir ‘n versekering eis te kry. Jy kan nie mense blameer wat hul vertroue in die SAPD verloor het nie, dit gebeur nie oornag nie.

KarooKlong ·

Goeie getuies gelewer vir Watchdog- en vir SAPD Tzaneen.
Getuienis van puik diens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.