ʼn Pizzarestaurant in Tzaneen in Limpopo is Sondagaand binne vyf minute van duisende rande beroof.
Marius Jacobs, woordvoerder van Watchdog Tzaneen, het Maandag aan Maroela Media gesê twee gewapende mans het omstreeks 22:15 rustig by die restaurant ingestap, terwyl een verdagte vermoedelik in hul wegkommotor, ʼn wit sedan, gewag het.
“Die mans het by die restaurant ingestap terwyl die personeel besig was om uit te gaan. Een verdagte het ʼn vuurwapen uitgehaal en op kontant aangedring. Hulle was binne vyf minute uit met sowat R18 000 en ʼn skootrekenaar,” het hy gesê.
Watchdog Tzaneen is om 22:21 ontbied en was ʼn minuut later op die toneel met die Tzaneen-polisie kort op hul hakke.
“Die verdagtes was reeds weg en is steeds soek. Niemand is tydens die rooftog beseer nie,” het hy gesê.
Jacobs het die Tzaneen-polisie bedank vir hul spoedige optrede. Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Geen wonder die mense wil nie meer werk nie dis net makliker om te steel…..
Skokkend, ons was ‘n rukkie terug by Kentucky in Vanderbijlpark waar daar traliewerk (kabels) gespan is tussen die kasiere en die kliente…..
Die regering moet meer fokus op die diefstal, moored, roof, ents… Maar nee nethied by skole is nou die voorloper van rassisme…
NATUURLIK is niemand in hegtenis geneem nie, hoe dan nou anders. SAPD wag om die hoek.
Maar wat nou,kort op hulle hakke en weg is hulle.