Rowers buit plastiekbakkie in plaas van kontant

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 63-jarige vrou is Vrydagaand in Lenasia, Johannesburg, doodgeskiet nadat haar aanvallers gedink het sy dra kontant by haar in plaas van ʼn plastiekbakkie in ʼn plastieksak.

“Die vrou se broer het haar Vrydagaand omstreeks 19:00 afgelaai nadat sy van die werk af gekom het,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die broer het ʼn winkel in Lenasia.”

Terwyl die broer sy suster afgelaai het, het ʼn rooi motor met drie mans agter hulle gestop. “Toe sy uit die motor klim, het een van die mans uit die rooi motor geklim en haar doodgeskiet. Hy het die plastieksak, wat sy by haar gehad het, gegryp en hulle het weggejaag,” het Makhubela gesê. Die vrou is kort daarna op die toneel dood.

Makhubela sê die motief vir die moord is vermoedelik diefstal. “Die mans het geweet hulle kom van die winkel af en was onder die indruk dat daar kontant in die sak is, maar dit was net ʼn leë plastiekbakkie.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.