Rowers deur polisie doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Twee vermeende rowers is doodgeskiet toe daar ʼn skietery tussen hulle en die polisie uitgebreek het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Dinsdag plaasgevind ná beamptes in kennis gestel is van ʼn rooftog in Umkomaas.

“Die slagoffer was na bewering op die perseel van sy besigheid toe hy deur drie gewapende mans genader is. Hulle het hom van kontant, lugtydbewyse en selfone beroof,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane het die verdagtes in ʼn silwer VW Polo op die vlug geslaan. “Beamptes het die voertuig gewaar en agternagesit. Die verdagtes het hierna op die polisiebeamptes losgebrand,” het Zwane gesê.

Die voertuig het onder ’n  brug op die N2 tot stilstand gekom waarna die verdagtes uit die voertuig gespring en weggehardloop het terwyl hul deurentyd skote in die polisie se rigting afgevuur het.

“Die beamptes het teruggeskiet en twee van die drie mans is doodgeskiet,” het Zwane gesê.

Die derde verdagte kon daarin slaag om weg te kom. Daar is op die gesteelde goedere sowel as twee ongelisensieerde vuurwapens en patrone beslag gelê.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die VW Polo in 2015 in die Berea-area gesteel is. Sake van gewapende roof, die besit van gesteelde goedere en poging tot moord word ondersoek. ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.

Die polisie meen die ander verdagte sal binnekort aangekeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Skielik sal dit nou stil wees waar die rowers se roof loopbaan gevestig was.

Nog n moord op Heanertzburg plaas ·

Daar was gisteraand sowaar nog n plaasaanval, moord op n baie bekende toerismeplaas in Heanertzburg., Cheerio Farm.

al ·

Dis fantastiese nuus – rowers moet hul slagoffers en die polisie begin vrees, dan sal hul 2keer dink om gewapende rowe te pleeg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.