‘Rowers’ deur polisie doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Twee vermeende rowers is dood nadat hulle met polisiebeamptes in ʼn skietgeveg betrokke geraak het in Durban, KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is deur vier verdagtes aangeval terwyl hulle Maandagaand ondersoek ingestel het na ʼn verdagte motor in Briardaleweg in Newlands East.

“Die verdagtes het probeer vlug en is deur die beamptes agternagesit tot hulle beheer oor hulle voertuig verloor het. ʼn Skietgeveg het gevolg en twee verdagtes is doodgeskiet terwyl ’n derde verdagte gewond is. Die gewonde man is na ʼn hospitaal geneem waar hy onder polisiebewaking is,” het Naicker gesê.

Die vierde verdagte is in hegtenis geneem. “Die polisie het op twee vuurwapens en ammunisie beslag gelê.” Volgens Naicker is die verdagtes se motor al verskeie kere in gebiede gesien waar huise beroof is en was die verdagtes moontlik op pad om ʼn misdaad te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jakes ·

Redakteur: Wat se nuwe neiging is dit om rower en moordenaar in aanhalingstekens in opskrifte te skryf? Dit skep die indruk hul is heel onskuldige, wetsgehoorsame landsbewoners wat net pret het, soos Zuma waarop sinspeel?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jakes

Die persone is nog nie in ‘n hof skuldig bevind aan enige misdryf nie.
Ons stel onsself bloot aan moontlike vervolging indien ons dit nie só met die aanhalingstekens skryf nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Piet Snot ·

Dis in iedergeval niks nuuts nie.
Koerante skryf dit nog al die jare so, en dis reg so.

Dave ·

Suné moes nou antwoord op iets wat werklik so logies is dat enige een dit behoort te besef het sonder ‘n verduideliking. Die woord ‘verdagte’ is dikwels net so frustrerend maar die rede daarvoor is ook verstaanbaar.

Paplepel ·

Jakes/Elisma dis maar net weer ‘n manier van die media om polities korrek te wees. As hulle dit in aanhalingstekens sit, is dit nie hulle wat gesê het die persoon is ‘n rower/moordenaar of verdagte nie. Nog ‘n ding wat pla is dat daar ‘n verdagte in ‘n skietgeveg doodgeskiet is; magtig man! As hy op jou skiet is hy LANKAL nie meer ‘n verdagte nie, hy is besig met poging tot moord! Wanneer sy koeëls oor jou trek behoort jy nie meer hom as verdag te sien nie.
Skies vir die agressie, maar ek moes net saam roer.

scalla ·

Hoekom verwyder julle my kommentaar, dit is gegewe, 2 minder om misdaad te pleeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.