Rowers doen hulle as polisie voor

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Uitenhage in die Oos-Kaap is op die spoor van vier verdagtes wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen en ʼn huis beroof het.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier verdagtes het Sondagaand ʼn huis in Kwanobuhle beroof waartydens die huiseienaar en sy vriendin vasgebind en met ʼn vuurwapen gedreig is.

Die verdagtes het met ʼn wit Toyota Quantum, met die nommerplaat HMY 084 EC, ʼn klanktoestel en twee selfone gevlug. Die huiseienaar en sy vriendin kon daarin slaag om hulself te bevry en die polisie te ontbied.

Nkohli het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Volgens Nkohli moet mense onthou dat hulle die reg het om vir polisiebeamptes se identifikasiekaarte te vra. “Mense kan ook navraag doen by hul naaste polisiestasie as hulle onseker is oor beamptes se identiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

GES ·

Die persoon / persone wat die uniforms verskaf het behoort saam tronk toe te gaan.

swannie ·

Hulle sal natuurlik ń vals I d ook hê. Hulle is mos ver geleerd.

Realis ·

Meneer Nkholi. Hoe vra jy sy ID of doen navraag by die SAPD met ‘n pistool teen jou kop?
Get real man !

Flippie ·

Sal nie verbaas wees as dit die regte polisie.is nie. Dit gebeur in SA.

Kismet ·

Ek is baie bekommerd oor die trant van media 24 se berigte. Net vanoggend lees ek 1. How the beauty industry tells that being beautiful means being white 2. Max du Preez se gebruik van die term “bad Afrikaner” 3. Malema wat vra Why do whites despise blacks? Why do we disgust them and why do they undermine our humanity? Ek kry die idee daar word ‘n Rwanda tipe volksmoord teen ons aangeblaas!

Lisa ·

Ek loop nou die dag alleen huis toe. Stop ‘n polisievangwa met 4 lede langs my. Vra my waar bly jy. Waar is jou man. Wanneer kom hy terug. Wat is jou nommer. Ek het geskrik. Groot meneer gee sy nommer vir my op bladsy wat hy uit sy sakboek skeur. Bel my, smile hy. Ek het heel nag gesit en bewe. Ek bly alleen en hulle weet dit.

HEVW ·

Flippie lekker humor wat n mens se kop laat swaai. Ja alles loop so deurmekar. Dat n mens die ergste kan verwag. Stem ook saam Kismet die oorlog is reeds aan die gang nie net in die stelselmatige uitdelg van die wit mense nie maar ook op verbale vlak. Die haat en venyn raak al hoe meer intens. Dit moet een of ander tyd tot breekpunt kom of dit moet ontlont word. Of dit ontlont gaan word is ernsti te betwyfel.

Louise ·

Vra vir n ID kaart!!!!!!!! Ek weet nie hoe lyk die polisie se ID kaarte nie.
Wat as dit vervals is, ek weet nie……
Bel die naaste polisie stasie!!!!!!!! as hulle gaan antwoord!!!!! maar duim vashou jong en hoop em bid vir die beste dis nE.
Ek moet my kind leer as iets gebeur gaan na die polisie, maar aan die ander kant moet ek onthou dat daar nie net POLISIE beamtes wat gevaarlik is nie. Maar wat VALS is….. HOE NOU.

Johan ·

Ons blanke Suid Afrikaners is GATVOL vir die wetteloosheid in SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.