Rowers dreig 3-jarige, skiet hond

Reaksiebeamptes buite die toneel. (Foto: Reaction Unit South Africa)

Gewapende rowers het gedreig om ʼn driejarige seuntjie te skiet as sy gesin nie hul waardevolle items oorhandig nie.

Reaction Unit South Africa het gesê reaksiebeamptes is Saterdag omstreeks 08:00 na ʼn huis in Frasers in Tongaat in KwaZulu-Natal nadat hulle ʼn noodoproep ontvang het dat ʼn snoepwinkel in ʼn omgewing bekend as Jans Corner, beroof word. Die vrou wat gebel het, het ook gesê skote word afgevuur.

Luidens ʼn verklaring van die eenheid is vier gewapende mans die winkeltjie binne. Terwyl twee van hulle die winkel beroof het, is die ander twee na die eienaar se huis op dieselfde perseel en is sy gesin daar aangehou.

“Die gewapende mans het gedreig om die sakeman se driejarige seuntjie te skiet as hulle nie hul waardevolle besittings oorhandig nie. Nadat hulle kontant en juwele gebuit het, is hulle by die huis uit. Hulle het op pad uit die gesin se hond doodgeskiet omdat die dier vir hulle begin blaf het,” lui die verklaring.

Die rowers het in ʼn silwergrys Honda Ballade gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

willem botha ·

Dit is baie bemoedigend om te sien dat sekerheids maatskappye die taak wat die sapd in gefaal het oorvat ,net n kwessie van tyd dan glo ek kan hulle hul blou uniforms ingee en n karwag buffie kry.

HF Verwoerd ·

Nou moes die SAPD kon voorsien dat die betrokke persoon op die dag en tyd beroof sou word?

Rabes ·

Nee HF ons wonder maar net hoe sien jy dan net reaksie en medic spanne op die toneel. Nou waar’s die sapd dan?

HF Verwoerd ·

Rabes, baie kere word die SAPD eers n uur na die tyd geskakel. Dan is die ambulans alreeds op die toneel. Dit kan in die geval dit wees, toe die foto geneem is. Dan maak mense die verkeerde gevolgtrekkings gebaseer op n foto. Mense is gou om te oordeel sonder om alle feite in ag te neem.

Johan ·

Die land van ons is in chaos, want ons mag onsself nie beskerm nie en die wapen wetgewing is belaglik. Almal moet wapens hê en die volle ondersteuning van die regering hê om jouself en jou gesin ten volle en met enige mag tot jou beskikking te beskerm. Boewe moet geen ‘human rights’ hê nie, want hulle tree nie soos humans op nie.

Die Verlore Skaap ·

Johan jys reg
Soos die Wapenwet in America waar jy mag skiet as iemand op jou erf kom.

Haan ·

Neewat Johan. Jy skiet spek, en jy skiet uit die heup uit. Ek twyfel ook of jy jou daaglikse gang gaan met n wapen aan jou sy. Vergewis jouself van die wet en dra n wapen. Die wapenwet laat dit toe. Om mense blindelings te ontmoedig om binne die perke van die wet hul regte uit te oefen spreek van pessimisme wat kennis oorskry.

HF Verwoerd ·

Maroela, glo julle nou in sensuurskap, dat julle nie my antwoord op Rabes se kommentaar wil plaas nie? Of wil julle net negatiwiteit publiseer?

BaasJan ·

HF Verwoerd, die sapd is wel bekend vir hul slapgat houding. Jy moet of blind of aan die slaap wees as jy dit nie weet nie. Indien hulle soos jy beweer eers n uur later geskakel word, is dit omdat hulle eenvoudig Nie hul fone antwoord nie.

Mushroom ·

Vir my is dit baie erg… Hoekom die arm dier dood skiet. Dis ook net so erg… Net omdat hy geblaf het… Hello? Shame sterkte aan die betrokke mense wat n best friend verloor het en hulle besitting. Sterkte xxx❤️

piet piet ·

Ek stem die arme hond wou net sy eienaar beskerm hoekom die hond doodmaak?

Helena. ·

Weer kry cANCer die skuld in stede van die boewe wat op die perseel was. Hoe werk dit ek vra weer, hoe werk dit. Ek is nie n anc lid nie ook nie n polisie lid nie, maar my gesonde verstand sê vir my die dinge gebeur sonder dat hierdie partye enige kennis dra. Kan ons nie maar nugter dink en nie die verkeerde mense beskuldig nie?

Elna ·

Helena dit gaan meer en deels omdat die A en see die krimeneel meer regte gee en beskerm as die slagoffers. Die regering doen hoegenaamd niks aan enige misdaad nie en daarom stem ek 100% saam dat die regering die skuld moet kry vir alle misdade wat gepleeg word want die meeste boewe kom weg met moord nes die regering met moord weg kom op n daaglikse basis. Alles te danke aan die ANC dat hierdie land is wat dit is vandag sonder wet en orde in die regstelsel.

Foxi ·

Hemel tog…hoeveel meer moet onskuldige mense en diere nog deurloop!
EK HOU EERDER MY BEK!!!!!

Sprakeloos ·

Die oorlog moet nou maar kom.
Niemand wil ‘n oorlog hê nie. Maar ten minste sal mense hulself bewapen en vir eens hierdie saak afhandel

chris ·

Die oorlog is lankal aan die gang. Dit het ‘n lae intensiteit en word as misdaad verbloem. Dit maak dit moeilik om te oorleef sonder om self na die inisieerder te lyk.
Bewapen jouself binne die wet, kry die nodige opleiding en neem verantwoordelikheid. Hou op om die polisie, sekuriteitsmaatskappye en die regering vir jou veiligheid verantwoordelik te probeer hou.

Haan ·

Ek deel jou sentiment chris. Ongeag of dit nou irriterend mag raak, ek sal nie ophou om mense aan te moedig om hulself te bewapen nie. “I would rather be judged by twelve than carried by six” soos die Amerikaners sê

Sarel ·

1. Sprakeloos weet u en besef u wat die gevolge van ‘n ” oorlog” is. Ek glo nie.
2. Helena asseblief swak korrupte regeringstyl is vir die grootste deel van die misdaad verantwoordelik. Die regering van die dag kan of wil nie sy burgers beskerm nie.

Diefie ·

Mag die skurke dieselfde behandeling kry as die arme hond.

Anoniem ·

@Helena, jammer om jou borrel te bars maar dit is nou maar een maal ‘n feit dat moord, roof, verkragting toegeneem het vandat die ANC aan bewind gekom het in Suid-Afrika. Dit sluit alle bevolkingsgroepe in. Die ANC beskerm die misdadigers en voel ‘n veer vir die gewone man op straat. Is die Polisie sigbaar, patrolleer hulle alle woongebiede.? Ek vra maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.