Rowers dreig om baba te skiet

Argieffoto

Argieffoto

Gewapende mans wat by ‘n huis in Diepsloot, noord van Johannesburg ingebreek het, het gedreig om die gesin se baba dood te skiet indien hulle nie saamwerk nie.

“In ʼn poging om meer geld van hul slagoffers te kry, het een van die drie verdagtes glo ʼn vuurwapen teen die elf maande oue baba se kop gedruk en gedreig om hom te skiet,” het ao. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Mavimbela het die rowers kontant en selfone van die drie vroue in die huis geëis. Die rowers het gevlug nadat hulle een van die vroue met ʼn vuurwapen teen die kop geslaan het. Mavimbela het gesê daar was nog twee voorvalle by ander huise in die omgewing en dat dit vermoedelik dieselfde groep mans was.

Twee van die mans is intussen Woensdag in Diepsloot in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die polisie soek steeds na die derde verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

monika ·

Waar is n mens vuilig nie eers in jou eie huis nie? Mnr die pr is ook skoon veld. WIE gaan ver antwoondeligheid vir al die wrede moorde aanvaar.???

see ster ·

Hoekom die 11mnde baba die babare sal nie op hou nie en ek glo die EVILS sal geskiet raak hulle moet dood

Drieks ·

702 radio het vanoggend 10 uur gevra hoekom moet swartmans altyd verduidelik wat hul in ‘n gebied of straat soek. Hahahaha….. Wie doen die gruwelike misdaad in ons land….

Drieks ·

702 Radio het 10 uur vandag gevra “hoekom moet swartmans” altyd ‘n rede gee hoekom hul in ‘n gebied of straat is. Lees bo… dis hoekom.

Nina ·

Seker maar omdat die kriminele altyd in woongebiede rondhang en kyk waar hulle kan steel of iets erger… En 99% van die tyd is hulle meer as een wat rondhang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.