Rowers dreig om kind (5) in oond te druk

Foto: Verskaf.

Vier verdagtes het gedreig om ʼn vyfjarige meisie in die oond te druk as haar gesin nie waardevolle items aan hulle oorhandig tydens ʼn huisroof in Old Inandaweg in Verulam in KwaZulu-Natal nie.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het in ʼn verklaring op sy Facebook-blad gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 08:45 plaasgevind.

“Beamptes is na die toneel ontbied deur een van die slagoffers. Daar kon vasgestel word dat  die verdagtes toegang tot die huis verkry het deur ʼn oop deur. Hulle het die gesin, ʼn huishulp en ʼn man wat gehuur is om teëlwerk aan die huis te doen aangehou,” het Rusa gesê.

Een van die verdagtes het glo ʼn handwapen by hom gehad en geëis om die kluis te sien.

“Hulle het gedreig om die vyfjarige meisie in die oond te druk as daar nie aan hulle eise voldoen word nie.”

Een van die slagoffers het ʼn verdagte na ʼn slaapkamer gelei en gewys waar die kluis in ʼn kas weggesteek is.

Volgens Rusa het die verdagtes die kluis van die muur losgebreek met ʼn graaf.

“Hulle het die slagoffers met kabelbinders en toue vasgebind en hulle in een van die slaapkamers toegesluit.”

Volgens Rusa het die verdagtes van die toneel gevlug met die kluis waarin daar sewe selfone en ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant was.

Die slagoffers kon daarin slaag om hulself te bevry en het hulp ontbied.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pop ·

Rober ja!! Oop deur want mens gaan uit om bv wasgoed op te hang. Gras moet gesny word ens ens.

Vra-Nett ·

Hanteer hulle soos die ouens hanteer is wat die arme onskuldige bloetjie n less wou leer om hom in die doodskis te sit. Geen genade vir onwettiges nie.

piper ·

as jy nie n vuurwapen het nie raak ontlae van n kluis as jy een het. n ” locksmith” het myne kom haal en my daarvoor betaal ook.

JMC ·

Dis hoekom ek twee het, ‘n goed versteekte een en ‘n minder goed versteekte een met minder waardevolle items.

Pips ·

Hoe wreed het die mensdom geword. Tongaat, Verulam het in n misdaadgebied ontaard en dit blyk of bitter min daaraan gedoen word.

Edwin ·

Op n punt van orde wil ek graag weet of die rowers ook 14 jaar tronkstraf gaan kry soos die dood skis geval of is dit ook n BEE geval?

Ekke ·

Ons was 17 jaar gelede in ‘n gewapende roof…
4 gewapende rowers het ons vir 4 ure aangehou en AL wat hulle die heeltyd wou he was die kluis maar heelaas, ons het nie ‘n kluis nie.
Ek dink nie dit is dat hulle weet daar is ‘n kluis nie, hulle het hierdie vooropgestelde idee dat almal wat iets het ‘n kluis MOET he.

Marli ·

Riaan, ek dink nie sewe selfone is heeltemal ongewoon nie. Ek self het seker omtrent 5 wat rondlê, van ‘n ou Nokia tot ‘n iPhone. Ek gooi nie my selfone weg as ek my kontrak opgradeer nie, dis moontlik hier die geval ook.

Johann ·

Niks vreemd aan 7 selfone nie, ek hou al my fone, dis nou al meer as 7.

Danille ·

Ja, dit is belaglik !!! Maak mens woedend. As hul net weet wat nou aan die arme kind gedoen is, sy gaan nou altyd met n vrees binne haar loop….

Elsa ·

Waaksaamheid en biddend oral en altyd…ai ons leer om agter slot en grendel te leef, vertrou NIEMAND , en doen maar werkies self….hoop die booswigte word opgespoor en ‘n rukkie in ‘n oond gesit dat hul weet wat hul doen is verkeerd, KZN het nogals gevaarlik geword….

Karin ·

Hoe kan jy die twee vergelyk? Een is gedreig, die ander gedoen.

@ KARIN ·

Poging tot moord is ook ‘n DREIGEMENT< hoe kan JY die twee vergelyk KARIN? Poging tot moord bly die POGING om iemand se lewe te neem .. die ou is in die doodskis ingedruk en NIE GEDOOD NIE, die arme klein kind is GEDREIG om doodgemaak te word in 'n brandende oond. NEE die wragtie weet SNOWFLAKE, ek hoop jy is gereed met jou antwoorde wanneer dit jou of jou kind se beurt is.

T ·

Eerstens is dit sad dat mens nie jou eie deur in jou eie huis op jou eie grond kan oophou nie. Twedens sal ek daai mense opspoor wat my kind gedryg het en …..

Piet ·

Die een was ‘n kabel dief en die ander n weerlose kind – Hoe kan jy die twee vergelyk? Moet nie dat jou oordeel so beinvloed word deur die “jammer dat ek n Afrikaner is sindroom” nie.

gysbert ·

Ek neem aan die inbrekers was geindentifiseer? Anders is hulle net rowers en nie verdagtes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.