Rowers eis glo losprys ná hulle winkeleienaar ontvoer

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat ʼn winkeleienaar (22) Donderdagaand na bewering ontvoer is en sy is ontvoerders nou ʼn losprys eis.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 20:00 in Mogwase naby Rustenburg plaasgevind.

“Drie verdagtes het na bewering ʼn winkel wat deur ʼn Bangladesjiese man besit word, binnegestorm en die eienaar en nog ʼn werker met toue vasgemaak. Die verdagtes het geld geëis terwyl hulle die winkel geplunder het,” het Moleko gesê. “Die werker kon daarin slaag om homself los te wikkel en het weggehardloop om die polisie se hulp te ontbied.”

Volgens Moleko was die drie verdagtes en die winkeleienaar egter skoonveld toe polisiebeamptes by die winkel opdaag. Die verdagtes het glo ook geld, twee selfone, sigarette en lugtyd gesteel.

“Die winkeleienaar word nou glo teen sy sin deur die verdagtes aangehou en hulle gebruik sy selfoon om ʼn losprys by sy vriende te eis in ruil vir sy lewe,” het Moleko gesê. “Dit is nie duidelik waar die man aangehou word nie. Die saak word ondersoek.”

Moleko het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om dit by die polisie by 014 555 2258 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Sies ons kriminele is ‘n klomp gewetenlose varke!

Henri ·

Volgens WET moet alle selfone gerigestreer word “om misdaad te voorkom” Tipiese Regerings wetgewing van nul en gener waarde. Die res van die wereld se wetstoepassers gebruik dieselfde tipe wetgewing maar het darem die tegnologie om toe te pas en kriminele vas te trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.