Rowers flous bankpersoneel

Argieffoto

ʼn Bank in Klerksdorp is Woensdag beroof toe rowers personeel geflous het deur voor te gee dat hulle beamptes van die SBV-sekuriteitsmaatskappy is wat daar was om kontant af te haal.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woorvoerder van die Valke, het gesê die rowers het met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.

Volgens Rikhotso het die voorval by ʼn Nedbank-tak in die sakesentrum plaasgevind. “Die Valke is op die hakke van die twee mans.”

Sy het gesê die twee het omstreeks 10:00 in SBV-uniforms die perseel binnegegaan en vir die personeel hul identifikasie gewys. Daar is intussen vasgestel dat dié dokumentasie vervals was.

Hulle het hul vinnig uit die voete gemaak toe die personeel die kontant oorhandig het.

Die Valke het enigiemand met inligting oor die voorval of inligting oor waar die verdagtes hulself bevind gevra om die ondersoekbeampte, ao. Modisadife, by 071 481 2772 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annatjie du Raan ·

” Inside “storie…. Prosedures was nie gevolglik nie.

Han ·

Satan is vierkantig los in hierdie land!! Wat is die volgende? Diefstal is die nasionale sport!

Snuffels ·

Die proses behels dat die bank die versoek insit, dan bel SBV so rukkie voor hulle kom, hulle verskaf name, wagwoorde, tye ens wat moet bevestig word voor enige iets gedoen word. So moenie te ver soek nie, iemand het die informasie gelek, en die personeel het dalk nie prosedure gevolg nie

Veronica ·

Ek self het lank vir Nedbank gewerk en ek ruik n rot . . .
Glo my hul sekuriteit is puik en die proses vir SBV is soos Snuffels sê.

Manie ·

Dis nie deesdae moeilik om die bankamptenare te uitoorle nie .. en heel waarskynlik het hulle nog saamgewerk ook. As ek so sukkel om iemand te kry wat net ‘n eenvoudige bank transaksie vir my moet doen, wonder ek regtig hoe hulle gekeur word .. .Die bank maai maar wat hy gesaai het.

Marinda ·

Of hierdie ouens was net baie goed ingelig. Hoe kon die personeel nie agter kom die dokumentasie is vervals nie?

Zelda ·

Snaaks. Die berig lees doe valke is op die hakke van die 2 mans.
Maar heel onder staan weer AS iemand kan help met inligting of waar hulle is moet hulle die valke bel……..
So my vraag is. Weet hulle hoe die mans lyk ens. Of weet hulle glad nie.
Is daar nie kameras binne bank wat hulle gesigte wys nie. Of werk die kameras nie ? Hoe gaan die publiek moet help sonder n beskrywing of foto van hulle ?

Marcia ·

Nou vra ek myself af. Waarom op dees aarde die bank nie van binne oopgemaak word nie.. waarom was die sekuriteitskode nie verander nie. Dis mos veronderstel om te verander van tyd tot tyd dan nie? Insiders info.. beslis!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.