Rowers geskiet ná mislukte roof op M1

Twee Audi A4’s en ’n Hyundai i20 het op ’n wit Toyota Fortuner losgebrand en die voertuig tot stilstand gebring. (Foto: Twitter)

Twee verdagtes is dood toe ’n skietgeveg Woensdag tussen die polisie en rowers op die M1-snelweg langs die Woodmead-afrit in Johannesburg uitgebreek het.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het twee Audi A4’s en ’n Hyundai i20, met altesaam 10 insittendes in die drie voertuie, ongeveer 11:45 op ’n wit Toyota Fortuner losgebrand en die voertuig tot stilstand gebring. Verdagtes wou na wat verneem word die voertuig beroof.

“Die polisie het tussenbeide getree en ’n skietery het tussen die polisie en die verdagtes uitgebreek.” Twee van die vermeende rowers is in die proses doodgeskiet en vier ander gewond.

Vier verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem, maar die polisie is op soek na nóg vier wat ontsnap het. Dit is nie seker watter vier gewond is nie. Die polisie het ook op die voertuie beslag gelê.

Volgens Masondo het die polisie se misdaadintelligensie-eenheid vroeër reeds inligting ontvang van ’n rooftog wat in Johannesburg sou plaasvind. “Die Valke en die Johannesburgse polisie het die inligting verwerk en die situasie dopgehou,” het Masondo gesê.

Geen polisiebeamptes is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nico ·

Die polisie mag uit selfverdediging skiet en daar gebeur niks nie. Wanneer boere uit selfverdediging ‘n persoon of persone dood skiet word hulle aan gekla van moord, die een boer moes in die polisie selle behandeling ontvang. Waar is geregtigheid van die polisie se kant af.

jzjz05 ·

Moet die polisie geluk wens met hul optreede, goed om te verneem dat hulle die krimineelle in hul daad gestuit het en gewys het hul erenstig is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.