‘Rowers’ gewond tydens skietery met polisie

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende rowers is Dinsdag in Randburg, Johannesburg gewond tydens ʼn skietery met die polisie.

“Een is in sy arm en been beseer en die ander een op sy boud,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Vier persone, tussen 27 en 33 jaar oud, het in Bram Fischerrylaan gery toe die polisie opgemerk het dat hul motor ʼn spoorsein uitstuur. Die polisie het die groep agternagesit, maar hulle het weggejaag. “Daar was ʼn hoëspoedjaagtog in Bram Fischerrylaan totdat die verdagtes uiteindelik by Randburg Square-winkelsentrum stilgehou het.”

Een van verdagtes het dadelik op die polisie begin skiet toe hy uitklim en die polisie het teruggeskiet. Twee van die verdagtes is gewond. Die ander twee persone is in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens.

Die motor is Woensdag in Olifantsfontein as gesteel aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

At ·

Het daardie kar vir ‘n week spoorsein uitgestuur sonder dat die firma die kar kon opspoor. Gee bietjie die naam van daardie firma dat mens kan weet om nie van hul dienste gebruik te maak nie. Knap gedaan SAPD

Paplepel ·

Maroela, wat is die aanhalings tekens in die opskrif? Is hulle of is hulle nie rowers nie? Klink of julle wil laat klink asof daar ‘n kans is dat hulle nie rowers was nie en dat hulle dalk onskuldig deur die Polisie gejaag was. Watter is dit?

Sune van Heerden ·

Dagsê Paplepel

Die persone is nog nie in ‘n hof skuldig bevind aan enige misdryf nie.
Ons stel onsself bloot aan moontlike vervolging indien ons dit nie só met die aanhalingstekens skryf nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.