Vier rowers het ʼn man Dinsdag van ʼn bank agtervolg voordat hulle hom by ʼn verkeerslig in Sandton doodgeskiet het.
Maroela Media het vroeër berig paramedici is omstreeks 12:15 na die toneel in Bowlinglaan ontbied waar hulle ʼn voertuig langs die pad aangetref het. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en het reeds aan sy wonde beswyk.
Kapt. Allie Kodisang, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 37-jarige man van Sandton, wat by ʼn konsultasiemaatskappy gewerk het, het ʼn groot bedrag kontant by ʼn kitsbank onttrek en vier persone het hom daarna in ʼn silwerkleurige Audi agtervolg.
“Die man het by ʼn verkeerslig in Bowlinglaan stilgehou en drie van die persone het hom genader. Twee persone was by die bestuurder se venster en een by die passasiersvenster. Die vierde persoon het in die wegkommotor gewag,” het hy verduidelik. “Die persone wou vermoedelik die man se deur oopmaak, maar hy het geweier en hulle het hom geskiet. Hy het onder andere ʼn skietwond in die kop opgedoen.”
Die man kon van die toneel wegry, maar het kort daarna beheer verloor oor die motor en teen ʼn verkeerslig vasgery. “Die motor het daar tot stilstand gekom.”
Volgens Kodisang is niks uit die man se motor gesteel nie. Hy kon nie die bedrag kontant bevestig wat die man onttrek het nie.
“Die rowers het van die toneel weggevlug.”
Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie. Hy laat ʼn vrou en twee kinders agter.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Inside job van die bank !
Skandalige misdadige optrede. Ja as dit ñ inside job is, moet dit ondersoek word.
Mens wonder altyd hoe die skurke weet as jy groot bedrae konrant trek. SAPS moet die amptenare wat by die betrokke tak werk se selfoonoproepe en ander elektroniese kommunikasie soos e-posse ontleed want ek is oortuig dat bankamptenare deel is van die tipe misdaad. Ek verstaan dat daar meestal vooraf gereel word as groot kontantbedrae aangevra word. Dit sal ook goed wees as die betrokke bank se naam bekend gemaak word.
Ai so onnodig. E wallet
South Africa the country of corruption, murder, and theft. God have mercy.