Rowers in hof wat Pta-pa op hoofweg skiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Twee vermeende rowers wat ʼn pa van Pretoria koelbloedig op die N1-hoofweg doodgeskiet het, het Dinsdag in die hof verskyn.

Costa Karvouniaris is Vrydagmiddag drie keer deur gewapende rowers by die John Vorster-afrit in Centurion geskiet. Hy is kort daarna oorlede.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het gesê drie rowers in ʼn swart Range Rover het Karvouniaris glo van die bank af gevolg voordat hulle hom by die afrit van die pad af gedwing het. Hulle het hom van ʼn onbekende bedrag kontant beroof. Hulle het op die vlug geslaan nadat hulle hom geskiet het.

“Toe polisiebeamptes omstreeks 14:30 by die toneel opdaag, het die slagoffer langs sy motor gelê,” het sy gesê. “Hy het nog gelewe.”

Lede van die blitspatrollie het die Range Rover in Rabie Ridge naby Midrand vasgetrek en twee verdagtes is in hegtenis geneem. Een verdagte kon daarin slaag om te ontsnap. Van die gesteelde kontant is ook teruggekry.

Volgens Brits is ʼn saak van gewapende roof aanhangig gemaak, wat nou na moord verander sal word. Sy kon nie teen Woensdagmiddag bevestig of die verdagtes om borgtog sal aansoek doen nie.

Karvouniaris laat sy vrou, Mondi, en hul baba agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Winston ·

Koelbloedige rowers? KOELBLOEDIGE MOORDENAARS! Kry dit reg asb.

Dave ·

Meer as een keer het ek ook al gevra dat die berigopstellers moet werk doen aan hul woordgebruik. Dat dinge reg gesê moet word.

F Brits ·

Het FW de klerk genoeg of ooit enige iets gedoen om ons blankes se veiligheid te verseker na apartheid,hy het absuluut geen kommentaar oor al die moored,miskien moet hy gedagvaar word.

Martin ·

Hoe kon FW. nou ons veiligheid verseker? Jy klink nou soos Zuma wat apartheid vir alles wil blameer.

Dan ·

Martin, FW de Klerk het wel die blankes verseker dat alles in die nuwe SA fantasties gaan wees, insluitend hul veiligheid. Onthou jy nie sy sogenaamde “wigte en teenwigte” nie, of was jy nog baie jonk of dalk selfs ongebore toe hy kapituleer het? Hierdie gemors waarin ons sit is beslis aan de Klerk en sy trawante te danke. Aan wie anders? En het jy al gelees of gehoor dat de Klerk al hierdie derduisende moorde en aanvalle op die blankes veroordeel?

Theresa ·

Daardie arme man en vrou het so lank gewag vir die babatjie. Uiteindelik is hulle droom bewaarheid en die dogtertjie is maar 3 maande oud. Ek het baie woorde vir hierdie gemors, maar ek weet my kommentaar sal nie gepubliseer word nie.

Johannes Meintjes ·

Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande vou …

SHANE ·

So tipies Afrikaner. Ons lees ‘n hartseer storie oor ‘n jong pa wat vermoor is en ons sit en stry oor taal gebruik. Kry julle koppe uit julle agterent en pik by man. Die regte taalgebruik gaan nie daai man terug bring nie. Julle bemoeisiek mense moet eerder van sulke forums af bly as julle nie kan bydra tot die relevante gesprek nie.

neelsie ·

Baie jammer vir vrou en baba.
Vertrou glad nie van die bankamptenare nie, iewers moet iemand inligting deurgee.

ANDRE ·

Weet ook van twee gevalle waar mense helder oor- dag , voor hulle huise , geweldadig beroof is nadat hulle geld binne in n bank getrek het.Tot op datum is die kassiere nog nie ondervrae nie.Dit laat n mens wonder……..

anita duxbury ·

Is dit die maklikse manier om geld deesdae in die hande te kry..lyk my jy word gekaap , jou bankkaart word gevat en geld lings en regs getrek…jy word in jou driveway ingewag en jou kar en besitings word GEVAT..en skiet jou net vir die fun..dit gaan glad nie stop nie..want wil die skurke in hierdie land rerig werk…nee gee hul n stoel in die son,, dan drink en eet huule tot geld kla is..dan is die volgende persoon se lewe ingevaar..hoe moet ons lewe….dink ons moet harder bid vir ons familie en kinders in die land..my kinders imegreer..en is baie hardseer maar hier nie n toekoms vir wit mense in die land.sterkte aan familie..

alida ·

Natuurlik kom dit van die kassiere af wat die geld uitbetaal het. Jammer hy moes die kontant trek en nie elektroniese oorbetalings doen nie. Jammer vir sy familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.