‘Rowers’ in hul spore gestuit

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Vier vermeende gewapende rowers is Dinsdagoggend in Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem terwyl hulle vermoedelik op pad was om te roof.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het inligting oor die vermeende rowers se bewegings ontvang. “Lede van die provinsiale opsporingspan en blitspatrollie het die verdagtes by ʼn vulstasie aangekeer,” het sy gesê.

ʼn Vuurwapen, ammunisie en huisbraak-toerusting soos koevoete, tange en skroewedraaiers is in hul besit gevind. Die polisie het ook beslag gelê op messe en vermoedelik gesteelde goedere soos skootrekenaars, Rolex-horlosies en klanksisteme.

“Hulle sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn,” het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pendoring ·

Jy moet gaan kyk in fisika, hulle praat van entropie. Ligweg beteken dit dat in ‘n staat van totale chaos heers daar die minste wanbalans. Hoe minder orde daar is, hoe minder hoef ons te doen om dit te handhaaf. Klink dit nie baie soos die regering se huidige bestuursmdodel nie?

George ·

Beste en baie deurdagte verduideliking van die regeringsbestuursmodel. Gaan dit nou aanhou totdat die toestand onomkeerbaar gaan word of is dit reeds?

CHRISTA ·

Ek vertrou die polisie bly wakker sodat hulle nie ook ontsnap nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.