Rowers in polisieuniforms slaan toe op Tzaneen-winkel

ʼn Gemerkte SAPD-pepersproei is op die misdaadtoneel gevind. Foto:  Watchdog Tzaneen

ʼn Gemerkte SAPD-pepersproei is op die misdaadtoneel gevind. Foto: Watchdog Tzaneen

ʼn Winkel in ʼn nedersetting buite Tzaneen is Donderdagoggend deur gewapende rowers geteiken. Die rowers het glo polisieuniforms aangehad en in ʼn amptelike polisievoertuig gevlug.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die voorval in die vroeë oggendure in die Mokwakwaila-nedersetting plaasgevind het. Otto het gesê twee veiligheidswagte beweer hulle is omstreeks 00:30 deur tien gewapende rowers oorval en vasgebind. Vier van die rowers het glo polisieuniforms aangehad.

'n Kluis by die winkel wat oopgebreek is. Foto: Watchdog Tzaneen

‘n Kluis by die winkel wat oopgebreek is. Foto: Watchdog Tzaneen

“Die rowers het na bewering in ʼn gemerkte polisievoertuig met ʼn blou lig opgedaag en deur die dak van die mini-supermark gebreek. Hulle het ʼn kluis met ʼn onbekende bedrag geld in, kruideniersware en ʼn Nissan-bakkie gesteel,” het Otto gesê. Sy het ook bevestig dat ʼn gemerkte SAPD-pepersproei op die toneel gevind is.

Otto het gesê dit is nie in hierdie stadium nie duidelik of polisiebeamptes wel by die rooftog betrokke was of nie en dat dit deel sal vorm van die ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annie ·

Dit bly maar net baie duidelik! Die polisie kan net nie vertrou word nie!! Hulle moet ons beskerm maar roof ons veel eerder of vra vir omkoop geld. Elkeen maar vir homself, of wat…

Issabelle ·

Ek stem saam ….. hoeveel polisie lede is of het nie ‘n kriminele rekords teen hulle nie , maar hulle word geskors met betaling & van hulle is nog steeds in hulle poste aan diens ! Die uiterse swak , patetiese & aggressiewe houdings van die polisie is weereens ‘n bewys dat hulle toegelaat word met hulle dade & absoluut niks word gedoen om hulle aan te kla of te fire nie !!
Tipies JZ , ANC & EFF se trawante wat hulle nie steur aan diens nie …..

Peet Schabort ·

Na elke ‘polisie’-berig gekoppel negatief aan die SAPD dink mens dat jy alles gesien, gehoor en beleef het maar dan die volgende nuusberig met ‘n nuwe slenter . . . Dit kry net nie einde !!!

Theresa ·

Nou met sulke dinge – hoe moet jy die SAP vertrou? Ek wil dit nou bitter graag weet en dan sommer ‘n amptelike voertuig ook. Hulle vorder………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.