‘Rowers’ in Pta-woonbuurt doodgeslaan

Mense drom saam op die toneel. Foto: Via Haroon Abramjee, @HAbramjee op Twitter

Mense drom saam op die toneel. Foto: Via Haroon Abramjee,
@HAbramjee op Twitter

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

ʼn Dag nadat ʼn motorhandelaar van Pretoria tydens ʼn gewapende roof voor sy gesin in sy huis geskiet is, het ontstoke inwoners twee vermeende rowers doodgeslaan wat op dieselfde Centurion-woonbuurt toegeslaan het.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media gesê die polisie is omstreeks 21:00 ontbied, ná ʼn skietery by ʼn veiligheidskompleks in Erasmia in die weste van Centurion.

Na verneem word, het vier verdagtes op ʼn huis in die kompleks toegeslaan, waartydens twee van die inwoners beroof en geskiet is. Die bure het die skote gehoor, die verdagtes sien vlug en hulle agterna gesit.

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Haroon Abramjee, @HAbramjee op Twitter

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Haroon Abramjee,
@HAbramjee op Twitter

Die gemeenskap het vinnig opgeruk om die mans aan te keer en die verdagtes het op die gemeenskap losgebrand in ʼn poging om weg te kom. Die gemeenskap het twee van die vermeende rowers aangekeer en die gereg in hul eie hande geneem. Hulle het die verdagtes glo met klippe en stukke beton doodgeslaan. Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap.

“Met die polisie se aankoms op die toneel is bevind ʼn groep mense het twee mans doodgeslaan, nadat hulle na bewering ʼn huis in die kompleks beroof het,” het Makhubele gesê.

Paramedici van Best Care-nooddienste het die verdagtes op die toneel dood verklaar. Hulle het onder meer noodlottige hoofbeserings opgedoen. Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en kontant wat in die verdagtes se besit gevind is.

“Die twee inwoners wat geskiet is, is glo in die been getref en in ʼn private voertuig na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, waar hulle aansterk.”

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord, huisroof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die soektog na die twee verdagtes wat gevlug het, duur voort.

Haroon Abramjee, ʼn inwoner, het foto’s van ʼn bebloede verdagte op Twitter gedeel en die toneel as ʼn oorlogsone beskryf. Hy het gesê die gemeenskap is woedend oor die misdaad in die omgewing.

Die Erasmia en Laudium-woonbuurte gaan die afgelope weke gebuk onder ʼn vlaag gewelddadige aanvalle en huisrowe. In die jongste voorval is die motorhandelaar, Zayne Suliman (50), Donderdag omstreeks 20:00 in sy huis in Erasmia geskiet. Sy gesin was na bewering in die woonkamer van die huis toe ʼn man, vermoedelik deel van ʼn groep van vier wat buite die huis gewag het, in die huis ingestorm en hom geskiet het.

Suliman het sy vuurwapen by hom gehad en teruggeskiet, waarna die groep op die vlug geslaan het. Suliman is na ʼn hospitaal gehaas, waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

Makhubele het gesê die polisie se ondersoek sal bepaal of die verdagtes wat vermoor is, met ander misdrywe in die omgewing verbind kan word. Die vuurwapen waarop beslag gelê is, sal vir ballistiese toetse gestuur word as deel van dié ondersoek.

Een van die vermeende rowers. Foto: Via Haroon Abramjee, @HAbramjee of Twitter

Een van die vermeende rowers. Foto: Via Haroon Abramjee,
@HAbramjee of Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Gerd Lourens ·

Hoe gou sal die Valke die ondersoek oorneem? Of is hulle nog besig met die Parys Boere?

Die gemeenskap het opgestaan

denver ·

So dis reg om mense te besteel en hulle te skiet om hulle verder te steel en dis anargie om teen sulke misdadigers op te tree? Wag totdat jy ‘n slagoffer van misdaad is…

Hoffman ·

Ek was al telkemale ‘n slagoffer van misdaad, maar ek slaan nie mense in die straat dood nie.

CommentQueen ·

Ai tog Denver… gaan lees bietjie wat beteken Anargie. Ek glo nie Hoffman sê die gemeenskap sleg nie. Wat hy sê is feite!
Skelms moor en roof en die gemeenskap het reg in eie hande geneem, omdat daar geen authority is nie. Geen kontrole….

Peter ·

Die Pretoria Saps is en was nog altyd maar pateties verby. Hul kan gerus by Boksburg-Noord Saps kom kers opsteek. Hierdie mense is professioneel en toegewyd. .

Gert ·

Hierdie ‘vermeende ‘ rowers maak my siek. As jy met ʼn vuurwapen ‘ inkopies’ doen na-uurs in ʼn woonbuurt is jy ʼn rower en klaar. As jy die goed laat arresteer , as jy so gelukkig is, is hy vinniger terug op straat as wat hy afgehaal is. Korrupsie en ‘goeie’ prokureur. Die mense gaan al hoe meer reg in eie hande neem en hulle woonbuurte begin terugneem van die ‘vermeende ‘ boewe en ek stem 100% saam daarmee -die wetsgehoorsame burger moet homself elke aand agter slot en grendel beveilig sodat die ‘vermeende ‘skelms vrylik kan rondloop en teer op nog ʼn onskuldige slagoffer

Cherokee ·

Ag Gert, die Verdagte Maroela beskou selfs Zuma as bloot ‘verdag’.

Jan ·

Gert ek is dit met jou roerend eens. Sekerlik is dit tog vrywillige aanvaarding van risiko deur elke rower wat hierdie soort sport beoefen. En elke sport het immers sy beserings!

Herman ·

Ongeag die ras almal word geraak deur kriminele gedrag en die mense raak gatvol.miskien moet ons begin om hierdie berigte aan die prez te stuur.

Moeilik om te sê ·

Altyd moeilik om te sê, moenie gereg in eie hande neem, maar hier is dit duidelik as hul nie keer word hul almal uitgemoor! In die been geskiet of te not, moet jy sit en wag tot hul jou doodskiet en dan sê, oops ek wou terugskiet. Ten minste sal die ander 2 wetters nie terugkom, hul weet hierdie gemeenskap vati hul moeilikheid nie. Gemeenskap ondersteun nou die wat die 2 per abuis te veel geslaan het dat hul dood is.

foxi ·

Alles verniet! N lewe gewaag vir wêreldse weelde. Sal niemand tog kan leer dat misdaad nie die moeite werd is nie!

Vytjie ·

Dalk nie grafies genoeg vir ander boewe nie… tyd dat bosgeregtheid weer geskied… tand vir n tand… ek my seun geleer as jy iets doen moet jy die gevolge aanvaar…

Elsa ·

Ek haat geweld, maar as niks anders dan help nie, is ek heeltemal ten gunste daarvan dat slagoffers of gemeenskappe die reg in eie hande neem en die vrot appels permanent uit die samelewing verwyder. Die doodstraf sal nie teruggebring word nie en genoeg onskuldige mense het al hul lewens verloor as gevolg van moord en roof.

antonie ·

ek dink nog steeds, ‘gatvol’ of nie, mense moenie reg in eie hande neem nie, hulle kon hom aangekeer het en n bietjie gepanelbeat het en die polisie laat kom het

Louise E. ·

Net sodat hy weer vry gelaat word om verder te moor? Of hou jy daarvan om vir skelms in tronk te sorg?

Marinda ·

En dan sit hy v week of so en dan uit op bail. En dan sy volgende victim!!! Hy ga definitief nie kom kuier pm tee te drink nie!! Polisie is net so……….

Anoniem ·

antonie..jy was seker nog nooit beroof of iets nie. Jy lees seker nie die media nie. Jy sien seker nie wat aangaan om jou nie. Jy is seker nie gatvol vir ons regering wat moord, verkragting, dieftsal en wie weet nie wat nog toelaat nie. En dan nog al die korrupsie in ons land ook, daarvan sal ons nie eers praat nie….So dink voordat jy kommentaar lewer. Ons mense is gatvol.

Martie ·

Daai wapen is seker ook iewers gesteel hulle kry terug wat hulle gevat het lewe vir n lewe.Nou is daar weer n vrou met kinders wat sonder hulle Pappa moet grootword.Kan die regering nie sien die land se krimenele is besig om die land oor te vat nie.Hulle is seker aan die slaap soos in die parlement.

popeye ·

Ek wonder of mens in hierdie geval kan debatteer oor “nodig” of “onnodig”?

Jurie ·

Ek verstaan as mense reg in die hande neem alhoewel dit verkeerd is .Ons regstelsel is korrup want die mense wat die wette maak en goedkeur is diewe, moordenaars ,verkragters en net plein boos in hul harte.Die wat nie die bogenoemde oortredings begaan het nie keur die boosheid goed so hulle is net so skuldig aan die misdade as die oortreders self

G. Marx. ·

Ekself is daarteen dat hul dood gemaak/geskiet moet word. Eerste oortreding—-kap regterhand af! Tweede oortreding—–kap linkerhand af! Hy sal nie weer steel nie. Daar is baie plekke waar hy so kan werk, nét vir sy daaglikse kos,of laat sy eie mense vir hom sorg!

Pendoring ·

Dis presies wat die Sharia wette voorskryf. Is jy reg daarvoor?

HANTA ·

Dan eis hulle ongeskiktheid van die staat want hulle kan nie werk nie???? ek wie betaal???

Sê maar net. ·

Oor een ding is ek baie bly en dit is dat die gemeenskap saamgestaan het al het dit tot die dood toe gelei van sommiges. Hier het niemand na ras of kleur gekyk nie. Hulle het net gedoen, omdat hulle moeg, siek en sat is vir ons korrupte regering. Dit laat my maar net weer eens besef as mens net na al die kwessies kyk in die land en wêreld, dan is dit die regerings wat teen mekaar veg en ons mensdom word die pionne.

Leendert ·

Sulke berigte is terapie vir die siel, wat al vodde is. In watter abnormale land leef ons nie. En wie van ons het nie al onder ‘n inbraak of geweld deurgeloop nie, heel waarskynlik nie net een keer nie?

Chris ·

Wonder of die mense dieselfde behandel gaan word as die boere van Parys?Sal maar wag en sien hoelank dit die tv nuus sal haal.

Donovan ·

Daar sal absoluut niks van kom nie, die mob was nie blank nie… Daai manne wat dardie ander laaitie in Dullstroom ook dood geslaan het, klink dit of daar iets aan gedoen word…

Alida ·

Hulle het bollie gesoek en dit gekry. Die nuus sal vinnig versprei na ander voornemende skelms wie dan 2X sal dink voor hulle n rooftog beplan.

JP ·

100% ondersteun ek die gemeenskap se optrede. Reels en wette kan nie net vir die wetgehoorsames tel en die res kan maak soos hulle wil en as hulle uitgevang word agter die wet wil skuil nie. Ek het net een vraag gaan die gemeenskap die selfde hanteer word as wat Boere hanteer word in soortgelyke situasies? As boer is ek op die plek waar as iemand na ure ooglopend gewapen of nie my eiendom betree eerste gaan optree. Die mense kom kuier nie, soek nie koekies of tee nie, het nie verdwaal nie die teendeel is waar dat hulle kom met bose bedoelings en my gesin se lewe is meer werd as ‘n korrupte stelsel wat geensins my lewe belangrik ag.

Johan ·

Seer sekerlik sal Zuma weer simpatiseer met die rowers se naasbestaandes want volgens hom is dit mos hoe demokrasie werk- en een of ander Offisier van die Polisie sal baie vinnig die naasbestaandes van die rowers besoek om darem ook hulle innigste simpatie oor te dra

Liewe heksie ·

Kan daar nie groot print van die pics gemaak word in plakkaat produk nie met beskrywing by”WAT jy SAAI sal jy MAAI

Andre Harris ·

Blinde sambok het sy werk gedoen !As n gemeenskap saamstaan werk dit.Ons ry patrollies van 11 – 2 am en motor diefstal het daai selfde aand gestop wat ons begin het.Gaan verdagte voertuie se nommerplate na .Rowers ry altyd met gesteelde voertuie of vals nommerplate.Hulle hou v polo’s en Golf’s

CHARMAINE ·

As dit al uitweg is om jouslef, familie en besittings waarvoor jy jou afsloof te beskemg hoekom nie? Want soos hierbo het hulle die eerste keer weggekom en die 2de keer is hulle gekeer.

Boer ·

Wonderlike nuus!!!! Jammer die ander 2 terroriste het weg gekom!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.