Rowers ‘in uniform’ slaan op plaas toe

Argieffoto

Die Tzaneen-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat Vrydagaand op ʼn plaas in die omgewing toegeslaan het en ʼn man tydens ʼn rooftog geskiet het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder vir Limpopo, het Saterdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreek 20:45 by die Exilite-plaas in Deerpark plaasgevind.

“Twee onbekende verdagtes wat geklee was in veiligheidsuniforms het op die plaas toegeslaan. Een van hulle was met ʼn vuurwapen gewapen. Hy het die vuurwapen op mense gerig en op kontant aangedring,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het gesê die verdagtes het ʼn onbekende bedrag geld en drie selfone gesteel. “Hulle het verder die slagoffers aangerand en een persoon in die been geskiet voor hulle van die toneel gevlug het, terwyl hulle skote in die lug in gevuur het.”

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is die plaas waar die rooftog plaasgevind het, tans in staatsbesit en het die rowers, vermoedelik Zimbabwiërs, daar toegeslaan om lone te roof wat Vrydag uitbetaal is. Die mans het glo ook koeëlvastebaadjies aangehad en as veiligheidswagte voorgekom.

Cameron het gesê die slagoffers is werkers. Die werker wat geskiet is, het geringe beserings opgedoen en is deur paramedici van ER24 na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert ·

Dit is so jammer oor die misdaad dit vier hoogty !!! Swak optrede van SA !!

Gys ·

Maar dis dan ook mos n plaas aanval hoekom staan dit nie so in berig nie

jaco ·

Hulle val plase aan omdat wit boere die grond “gesteel” het. So dis vreemd dat n plaas van die staat, wat deur die swart ANC beheer word, aanval en dan rasgenote aanrand en beroof.

C ·

Haai oe Blommie!! Lees hierdie berig WEER!! Hierdie plaas is in STAATSBESIT!! Van WATTER wit boere praat jy?

Mielie ·

Heelwaarskynlik werk daar buitelanders op die plaas….inside job

Kat ·

Dis n plaasaanval.Bevestig dit asb Maroela.Iemand is geskiet op n plaas so dit is dan n plaasaanval.

Vicky ·

Mense! Ons bly buite Tzaneen op die Georges Valley pad. Hulle het ons helder oor dag kom beroof van ons wapens! Gelukkog was ons nie by die huis nie. Maar die gevoel wat ek gekry het was soos iemand wat jou van agter af stoot teen n opdraende. Dit was die Engele! 3 van ons jagwapens is uit die kluis gesteel wat teen die muur vas was en gesluit was. Moenie dink jou boutjies en moertjies gan hulle afskrik nie. Hulle laat le die kluis en SLAAN hom op sy slot en op die skiniere tot hy oop spring. 2vd3 groot wapens is gevind maar n nagsig is nog weg met een v ons ander jag wapen. Wees maar Paraat!!!!

Voorstel ·

Verwyder die slotte en magasyne van vuurwapens wat jy nie gebruik nie en bêre op ‘n ander plek.

susan ·

Moenie kontant aanhou nie julle maak van julself ‘n teiken!!

Anti - Zumpi. ·

Daar het jy dit nou. Ou Jan Botha, wat se voorstel het jy aan die hand te doen in die situasie? Weet jy my vriend, al bou ons n heining hoer as wat Trump tussen Amerika en Mexico voorstel, en die huidige regering word nie gou vervang nie, sal ons “Arme presently dis-advantaged bure” ons mense aan houdend aanval en uitmoor. Nog n mooi voorbeeld van rasisme, shame om te dink die ergste wat een ou oorgrkom het was n skoot in die been, Sorry man. Was dit blankes is die vrouens verkrag en die mans dood geskiet, nes my neef en sy vrou op hulle plaas in Phumalanga.

Marius ·

Dit is nie n inside job nie. Dit is die derde roof op plaas werkers in 10 dae. Die twee praat Shona en trek ongemerkte sekuriteits iniform aan.

marous ·

Die misbaksels weet dat die polisie en die howe na die tyd die slagoffers uitmekaar sal trek indien hulle sou optree . Hoe weet jy of dit regte polisie is ? Moet jy wag tot ‘n ID in jou gesig gedruk word ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.