Rowers in uniform slaan toe op Fidelity

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Fidelity/Facebook)

ʼn Groep gewapende rowers, geklee in klapmusse en wat gelyk het soos Fidelity-uniforms, het veiligheidswagte by Fidelity Services Group se fasiliteit in Pretoria met vuurwapens aangehou en van hulle aangerand voordat hulle die fasiliteit van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.

Die voorval het hom in die vroeë oggendure by die sekerheidsmaatskappy se fasiliteit in Van Riebeeckstraat, Hermanstad, in Hercules afgespeel.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, sê die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie, forensiese kundiges en die direktoraat vir ondersoeke na prioriteitsmisdaad, oftewel die Valke, is op die toneel om ondersoek in te stel.

“Lede van Fidelity Services Group se topbestuur is op die toneel om speurders by te staan terwyl hulle ook die omvang van die skade probeer vasstel.”

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die maatskappy, het vroeër gesê die verdagtes kon nie toegang tot die kluisgebied verkry nie, maar het wel ʼn beperkte bedrag kontant gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat die polisie se 72 uur lange aksieplan geaktiveer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Dis mos weer “silly season” pffft ek hou niks van die tyd van die jaar nie! Almal soek net geld vir mahala

Daleen

Soek die persone wat inligting van binne die maatskappy gelek het of ondersoek persone wat onlangs afgedank is.

JohanF

Help my asb, dom vraag, wat is die 72uur Aksie Plan, waarvan so baie berig word….

LANA is ELANè

So maak “mens” in SA as KRISMIS om die draai is.????????????

Yvonne

Klink ook na inside information