Rowers jaag teen polisiekar vas om dienspistool te buit

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na sewe verdagtes wat Saterdagoggend ʼn 26-jarige polisiekonstabel geskiet en van sy dienspistool beroof het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die sewe verdagtes het omstreeks 05:30 in ʼn Toyota Cressida langs die pad by die Mphanama-kruispad gewag en teen die konstabel, verbonde aan die Ga-Masemola-polisie, se ampsmotor vasgejaag toe hy die aansluiting binnegery het.

“Die verdagtes het op die beampte losgebrand toe hy ná die ongeluk uit sy motor geklim het,” het Mojapelo gesê. “Die groep het die beampte se dienspistool en ʼn battery wat in die ampsvoertuig was, gesteel.”

Die verdagtes het al vier bande van die motor stukkend geskiet voordat hulle van die toneel gevlug het.

Die beampte het verskeie koeëlwonde opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord, gewapende roof, diefstal vanuit ʼn motor en opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hendrik ·

Geen respek vir geregsdienaars, niemand vertrou hulle nie

Vytjie ·

Wat kan mens sê.. dit is oorlog in die land. Met al die korrupte polisiemanne… kleur teen kleur… geloofverskille ens. Elkeen maak soos hy wil.. almal is arrogant teenoor hulself en ander.. Net Moses sou op aarde n oplossing kon gee… Ek kan maar net bid dat God ons land sal regruk en ons almal genadig sal wees.. net Hy weet die oplossing…

KarooKlong ·

Onnodige aanval deur gevoellose skurke.
Sterkte aan die Konstabel.
Skurke moet gevind word.

Cherokee ·

Ek ondersteun jou gesond-word-wense aan die konstabel – heel waarskynlik stem hy steeds ANC.

jaco ·

waarom die bande stukkend skiet EN die battery steel? net een van die twee aksies is nodig om te keer dat die voertuig verder ry

Anti regering ·

Ek kan nie verstaan hulle het wapens gehad wou hulle ‘n battery hê of is die n soort inisiasie om aan ‘n bende te behoort of is hulle net bloeddorstige skurke??

Grap ·

Ek gaan weer vra was die aanvallers swart wit Chinees ,Indiërs as ons ordentlike verslaggewing kry kan ons die polisie dalk help of is die verslaggewing streng polities korrek??

Asjas ·

As die Polisie nou al geteiken word, suksesvol beroof en vermoor word, watse kans staan gewone burgers teen die vreeslose lot?

Anti regering ·

Asjas in die wyk waarin ek bly het die GPF meer ervaring en opgeleide lede as die polisiestasie die polisie kontak die GPF vir gevaarlike situasies en ingewikkelde (fiets wat gesteel is by skool) misdade so nee jy hoef nie bekommerd te wees nie ek glo dit gaan maar so in meeste areas.

Wat-ek-lees ·

Die verrassing van die aanval is altyd aan die misdadiger se kant en dis die groot probleem waarvoor jy onmoontlik altyd voorsiening kan maak soos ook hier die geval.

Melissa ·

Rowers jaag teen polisiekar vas om dienspistool te buit?? Ek weet misdaad is heeltemal buite beheer in Suid afrika maar ROWERS JAAG IN POLISIEKAR VAS OM DIENSPISTOOL TE BUIT!!???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.