Rowers laat spat met pasella skoolskoene, toiletpapier

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Die polisie is op die spoor van sewe verdagtes wat Woensdag ʼn skool in Mbombela (Nelspruit) glo beroof het. Hulle het onder meer geskenkte skoolskoene gesteel.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die verdagtes omstreeks 23:15 op die veiligheidswag by ‘n skool toegesak. Die wag was besig om by die skool te patrolleer.

“Die verdagtes het die wag in die administrasiekantoor vasgemaak en sy selfoon geëis,” sê Mohlala.

“Hulle het altesaam 22 skoolskoene (wat aan die skool geskenk is), 186 pakke flaterwater (Tippex) en 75 pakke toiletpapier gebuit.”

ʼn Saak van sakeroof is aanhangig gemaak.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die diefstal as barbaars en selfsugtig beskryf.

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan kapt. Thamsanqa Shabalala by 082 923 0081 bel.

*Maroela Media het vroeër verkeerdelik berig dat die voorval by St. Peters-skool in Mbombela plaasgevind het. Dit was egter nie die geval nie. Die polisie kan ook nie bevestig by watter skool die voorval werklik plaasgevind het nie – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Hier kom nog groot moeilikheid in die siek anc land. Die skelms maak net wat hulle wil want hulle weet die SAP is n grap

Jr ·

“Our peeeple” taught by ” our government” to steal from “our own peeple”. Beyond believable wragtag

Kokerboom ·

Ongewapende sekuriteitswagte is ‘n klug en skep ‘n valse hoë koste gevoel van veiligheid.

Pierre ·

as hulle gewapend is word hulle vermoor vir nog onwettige wapens.

Androclus ·

Daar’s nie ‘n ding wat hulle los nie,is soos ‘n seekat vat alles waar aan hy sy hand sit.

Grassie ·

Hierdie tipe misdaad waar diefstal en roof deur groter groepe misdadigers gepleeg word, gaan vorentoe drasties toeneem want die peoples is werkloos. Ek verstaan die toiletpapier en skoene maar wat hulle met tippex wil doen sal geen mens weet nie.

SjN ·

Gaan stel ondersoek in by die naaste tuckshop, hul het net stock aangevul.

Eugene ·

Die rowers gaan daardie toilet paper baie nodig kry waneer hulle vasgetrek word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.