Rowers maak amok in Centurion, kaap polisiekar

Argieffoto: SAPS

Argieffoto: SAPS

Die Gautengse polisie het Donderdag hul hande vol gehad nadat ʼn groep rowers eers ʼn huis in Centurion beroof het voordat hulle ʼn polisievoertuig gekaap en daarmee in ʼn botsing was.

Hannes du Buisson, woordvoerder van Centurion Concerned Citizens, het gesê beamptes van die Wierdabrug-polisie het omstreeks 07:30 gereageer op ʼn huisroof-voorval in Rooihuiskraal nadat vermoedelik vier gewapende verdagtes daar toegeslaan het.

“Die polisiebeamptes het by die toneel opgedaag waarna ʼn skietery uitgebreek het. Twee verdagtes het te voet van die toneel gevlug en twee kon daarin slaag om die beamptes se ampsvoertuig te kaap terwyl hulle glo teen die koeëlreën geskuil het,” het Du Buisson gesê.

Die blou motor waarmee die groep by die huis opgedaag het, het op die toneel agtergebly en is glo vroeër as gesteel aangemeld.

ʼn Volskaalse soektog na die gekaapte polisievoertuig is in die omgewing van die R101 (Ou Johannesburg-pad) van stapel gestuur.

“Ons het berigte van ’n motoris ontvang wat aangemeld het dat ’n polisievoertuig op die R101 in haar vasgery nadat die voertuig in aankomende verkeer in gery het. Sy het ook gesê die voertuig het koeëlgate in gehad.”

Die verdagtes het in Samrandweg uit die polisievoertuig gespring, dit agtergelaat en ʼn Audi gekaap. Die polisie het die gekaapte voertuig later in Ivory Park opgespoor.

Du Buisson het gesê die moontlikheid word ondersoek dat ʼn man wat kort ná die skietery met ʼn koeëlwond langs die R101 gevind is, met die voorval verbind kan word.

“Die man beweer hy het op ʼn fiets gery toe ʼn rower hom raakgeskiet en sy fiets gekaap het,” het hy gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het bevestig paramedici het die man langs die pad aangetref, omring deur lede van gemeenskap. “Hy het ʼn koeëlwond aan sy maag opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel behandel en na die Tembisa-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie kon ná verskeie pogings nie vir kommentaar bereik word om ʼn opdatering van die voorval te gee nie. Dit is nie duidelik of iemand al in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Tipies ·

Net in Suid-Afrika…. Dit gaan net slegter en slegter word.

Lollie ·

Almal het al vir jare hulle monde vol oor Zim en Mugabe. As ek die nuus so volg dan soek ek rus en vrede en ek dink ons moet dit in Zim gaan soek want wat hier by ons aangaan oortref alles wat in Zim gebeur. Mugabe kan ń paar lesse hier kom vat. Dinge hier ruk so hand uit dat mens dit altyd net van gehoor het maar beslis nie beleef het nie! Dis ń riller!!!!!

Johanna Botha ·

Genade hier ook …HALLOOO Polisie skrik wakker ASB !

Jannie ·

Ek koop nie die storie van die fiets nie. Dit is een van die rowers daardie. Kyk of sy vingerafdrukke in die polisie voertuig vas.

Ou Bierman ·

Of verwyder net die rondte uit sy maak en doen balistiese toets om te kyk uit watter vuurwapen dit kom…

Flibo ·

Hey, dit gaan lekker hier in ons land, man. Sommer baie lekker. Jy vat sommer enige kar en da gaat jy. Maak ongelukke , en vat sommer weer n kar en da gaat jy weer. Lekker man, lekker !!!! En wat gaan met hulle gebeur. Niks, net mooi niks. Wat n grap !!!!

Erick ·

Dit is omtrent soos Playstation se Grand Theft Auto rekenaarspeletjie.
:-|

Cherokee ·

Ag Fibo, daai holrug rympie van ‘niks gaan met hulle gebeur nie’ laat ‘n slegter smaak elke keer as dit gelees word. En as dit regtig so is dat niks met hulle sal gebeur nie, sal jul rympie niks daaraan verander nie.

Botsing ·

Selfs op GTA is dit moeiliker om n cop kar te hijack of enigens te steel

Katryn ·

Verseker! Dit sal baie erger word!! Voordat dit ooit beter kan word!! As die gemors net eers uitgesort kan word! Enige werkbare idee?

Andrea ·

Selfbeskikking. Ek droom van aftrek weskus toe. Bou n muur op die platorand.. bewaak daai muur. Ons kan nie verder só leef soos wat ons huidiglik doen nie

Johann ·

Welkom in Suid Anargie! In díe eens wetsTOEpaslike stukkie aarde was jy eens die teiken van terrorisme wat geregverdig is via n politieke kultuur. Dieselfde terroriste en hul magsbehepte staatskas stropers is nou aan bewind van Suid Anargie. Hulle doen en late in en om.enige ekonomiese aktiwiteit is steeds oorwegend van n terroriste aanslag. Geen respek op gewete vie en van teenoor wie ook al van hulle verskil.OF durf hulle aanvat oor hille onbesonnne selfsug…SO: wat anders as kan jy verwag van die anargiste se slaafse navolgers anders as.dieselfde totale disrespek vir lewe nie! SUID ANARGIE…die nuwe RSA!

Johann ·

Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie want hulle het ‘n deel in die koek, en dit is voor die handligend

david ras ·

Daar is ‘n Engelse uitdrukking–“the punishment must fit the crime”….
Solank as dit nie hier toegepas word nie, gaan niks verbeter nie.

Die strawwe het GEEN afskrikwaarde nie.
Miskien moet mens daar waar daar nie lewens verlies was nie, ‘n stewig paar jaar se “hardepad”(in die ou terme) toepas.
Soos die Amerikaners met hulle “chain gangs” langs die paaie…..

As daar lewens verlies is—nouja …….!

san ·

Ai wat n sirkus.! Goeie storie vir n nuwe fliek Leon Schuster

Annie ·

Teen die tyd dat ons wonderlike regering wakker skrik is dinge al so ver gevorder dat niks meer gered kan word nie. Die grootste probleem is dat basiese opvoeding kort .. eerste dinge wat n ouers sy kind leer … moet nie lieg nie … moet nie steel nie … respek vir ander en hulle goed. Maar in SA as jy optog hou dan steel en plunder jy sommer op jou pad … en dit is kinders …. wat n skande … hoe respekteer jy sulke mense

Alida ·

Jy kan nie dwase wat regeer respekteer nie. Hulle kyk dan toe dat als uitmekaar val.

Werner ·

Zuma kyk toe as dit verval en weet nie eers dit verval nie.

Penellope Jones ·

Dit gaan heelmoontlik nog baie slegter word voordat dit verbeter.
Dis eintlik maar oorlogtoestande in SA, net op ‘n ander manier.

Polisieman ·

Let asb op dat daar op die lede geskiet is en polisievoertuig gevat tydens oor en weer skietery. Ek sal ook n kar los en veiligheid opsoek tydens skietgeveg. Hiedie dinge gebeur in sekondes.

Danie ·

Dan sal ek voorstel dat daar ernstig gekyk word na die opleiding van beamptes, duidelik nie op gewasse om misdaad te bekamp nie. Die skurke se opleiding is seker beter die dat hulle altyd wen

Diesel ·

DIT is duidelik die probleem in die Nuwe Suid Afrika

Elke tweede persoon van die straat word deesdae n Polisieman , nie behoorlike opleiding nie , en die oomblik as die aksie begin hardloop hulle ….

sakkie ·

Almal moet saam staan.
ons moet stem sodat hulle die doodstraf terug moet bring.
waar is die Da/Anc of eff nou?

Basjan ·

Eers kaap hulle die polisiemotor en toe word die fiets gekaap! Wil jy nou meer!

Johannes Meintjes ·

Hoe het wetteloosheid in SA en in Afrika aangekom? Deur die kerk?

jc ·

Kyk na die gesig van zooma dan verstaan jy hoekom dit so in die land gaan…..

Johan Likkewaan ·

Ivory Park is net hier bo waar ek bly. Die ouens operate nogal rof hierdie kant. Dra maar jou pistool by jou en wees reg om hulle te skiet as hulle kom. Hulle is almal gewapen in elk geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.