
(Foto: SA Police Service/Twitter)
Twee mans is agter tralies nadat hulle ʼn man in die Johannesburgse middestad met ʼn speelgoedwapen beroof het.
Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die mans, onderskeidelik 21 en 32 jaar oud, het die slagoffer Saterdag omstreeks 12:00 op die hoek van Simmonds- en Gwigwi Mrwebistraat in die middestad voorgekeer.
Mbele het gesê een van die rowers het die slagoffer met ʼn wapen gedreig, terwyl sy makker die man deursoek het. “Hulle het ʼn selfoon en R5 000 uit sy sak gevat.”
Mbele het gesê die vermeende rowers het op die vlug geslaan, maar is kort daarna in hegtenis geneem. Die selfoon, kontant en ʼn speelgoedvuurwapen is by hulle gevind.
Die twee verskyn later in die Johannesburgse landdroshof op aanklag van gewapende roof, die besit van gesteelde goedere, asook die besit van ʼn gevaarlike wapen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Ek het die buurman se seun ook met n plastic revolver ontvoer toe ons kinders was. Ek was n recce wat “antwoorde” by hom gesoek het. Ek dink my bas brand nou nog so bietjie. Ek probeer die details te vergeet!
Besit van ‘n gevaarlike vuurwapen ????
‘Besit van ‘n gevaarlike vuurwapen’ ????
Net roof .
Ai nee nou het ek al alles gesien. Besit van ‘n gevaarlike wapen ….hahahahahah