‘Rowers’ minute ná rooftog vas

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes is vasgetrek oomblikke nadat hulle glo ʼn Vrystaatse sakeman by sy besigheid ingewag en van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.

Lt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê die 52-jarige sakeman het Saterdag vroegoggend sy besigheid in Bethlehem oopgesluit omdat hy gereed wou maak vir die dag se kliënte. Sy goeie voorneme was egter van korte duur toe hy deur twee gewapende mans ingewag en oorval is.

“Die verdagtes het hom gedreig en van ʼn onbekende bedrag geld beroof voordat hulle gevlug het. Die slagoffer het die polisie ontbied en binne minute was polisiebeamptes op die toneel,” het Mohobeleli gesê.

Die verdagtes is in hegtenis geneem waar hulle tussen ʼn klomp bosse naby die misdaadtoneel weggekruip het. Al die kontant wat gesteel is, was steeds in hul besit en is aan die sakeman terugbesorg.

Die verdagtes, onderskeidelik 32 en 34 jaar oud, sal binnekort in die Bethlehem-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ai-ai ·

Ons land is ‘n “oseaan” van mensrowers!! Goeie nuus dat die rowers gevang is . Dankbaar die man is nie beseer of erger nog, vermoor nie. Ai tog… :(

Willie ·

In die nuwe SA, moet mens dankbaar wees elke oomblik dat jy veilig is.. gevaar, maard en roof wag om elke hoek.. Die kultuur van WIL NET HE en ALS KOM MY TOE is te groot. Makliker om te steel, roof en plunder… eerlikheid is n westerse ding, so ook basiese maniere en beginsels! Goeie werk dat die rowers gevang is, en die eienaar leef!

Hannes Olwage ·

Weet nie waar julle die inligting ontvang nie, maar dit is nie heeltemal reg nie. Ons was ‘n paar mense van die publiek en die polisie wat die mans gesoek het, en toe gevang het. Ek is seker die polisie sou hulle nie alleen vasgetrek het nie. Ek die geld is nog nie terug besorg nie, dit word as bewys stukke gehou.

Hannes Olwage ·

Weet nie waar julle, jul inligting kry nie, maar die publiek was deel van die soektog na die rowers. As ons nie gehelp soek het nie, sou die polisie nie aangehou soek het nie en die persoon wat geroof is, het nie sy geld terug gekry nie. Dit is as bewys stukke gehou.

Nico K ·

Vir die van julle wat meer daarmee te doen kry, kry die man ooit sy geld terug? Ek weet hoe lank kan ‘n hofsaak duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.