Rowers oorval Bloem-bejaarde in slaapkamer

Argieffoto: Nico Strydom

Die Bloemfonteinse polisie is op soek na ʼn aantal verdagtes wat ʼn 77-jarige inwoner Donderdag in haar huis oorval en beroof het.

Konst. Peter Kareli, provinsiale polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het Vrydag gesê die voorval het omstreeks 01:00 in Bloemspruit plaasgevind.

“Die slagoffer het geslaap toe sy wakker geword het van die geluid van glas wat breek, waarna die alarm afgegaan het,” het Kareli gesê.

“Veiligheidsmaatskappye wat op die alarm reageer het, het later vasgestel die verdagtes het toegang tot die huis probeer verkry deur die glas in die deur te breek, maar is versteur toe die alarm afgegaan het.”

Kort nadat die alarm afgegaan het, het twee mans na die huis teruggekeer en toegang verkry deur die slagoffer se kamervenster te breek.

“Hulle het haar gedreig en op geld aangedring. Toe hulle besef sy het geen geld in die huis nie, het hulle haar in haar kamer toegesluit terwyl hulle haar huis geplunder het.”

Die verdagtes het op die vlug geslaan met elektriese toestelle, ʼn plasmatelevisie en twee selfone.

Die slagoffer kon daarna daarin slaag om uit die kamer te kom en het na bure gehardloop, waarna die Bloemspruit-polisie ook ontbied is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof met verswarende omstandighede.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tania ·

Nie ‘n baie goeie advertensie vir die sekuriteits firma nie. Waar was hulle?????

Pop ·

En so maak ons sekuriteitsfirmas ryk en hulle beteken niks. Alarm gaan af en dan kom booswigte daarna terug en plunder op hulle tyd die huis. Dis erg!!!

PJC ·

As hierdie skurke kon inkom deur ń venster te breek was hierdie arme dame se huis nie voldoende beveilig vir die nuwe SA nie. Deesdae moet ń mens vol venster diefwering hě en nie net voor vensters wat oopmaak nie anders is jy hoegenaamd nie veilig nie.

anton ·

Ek het my sekerheids firma se dienste lankal gekanselleer want die meeste van hulle beteken niks nie.
Hulle paar keer getoets en gesien hulle vat 25 min. en langer om by my huis te kom.
Kom hulle hier uit dan is die man nie eers gewapen nie. So wat beteken hy nou eintelik dan?
En dan is dit nogal n groot en bekende firma in Pta.
Nee wat, hulle vat net jou geld elke maand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.