‘Rowers’ op heterdaad betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Dinsdag deur die polisie geskiet nadat hy en sy makkers op heterdaad betrap is terwyl hulle glo besig was om ʼn huis in Durban te beroof.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die bure het omstreeks 12:00 die polisie ontbied nadat hulle ʼn verdagte voertuig by ʼn huis in Bellair opgemerk het. Die inwoners van die huis was nie tuis nie en daarom het die bure onraad vermoed.

“Toe die polisie by die huis opdaag, het hulle gesien hoe vier verdagtes besig was om goed uit die huis uit te dra,” het Zwane gesê. “Toe hulle die polisie sien, het hulle op die polisielede losgebrand terwyl hulle probeer vlug het.” Die polisie het teruggeskiet en een van die vermeende rowers is in die been gewond.

Hy is saam met twee ander verdagtes in hegtenis geneem, het Zwane gesê. Die vierde verdagte kon daarin slaag om te ontsnap. Hy is steeds op vrye voet.

“Daar is op die verdagtes se voertuig beslag gelê, wat reeds volgelaai was met gesteelde goedere, insluitend ʼn yskas, mikrogolfoond, televisie en elektriese toestelle,” het Zwane gesê.

Die drie verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 36, sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Zena

Dankie dat jy ons op die tikfout gewys het!
Dit moet “tussen 26 en 35” wees. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.