Rowers plunder politikus se huis

Zanele KaMagwa-Msibi

Zanele KaMagwa-Msibi

Gewapende rowers het Woensdag in die vroeë oggendure by Zanele KaMagwaza-Msibi, president van die Nasionale Vryheidsparty (NFP), se huis in KwaZulu-Natal ingebreek en haar dogter aangehou.

“Twee mans wat klapmusse gedra het en met messe gewapen was, het omstreeks 03:45 by my huis in Umhlanga ingebreek,” het KaMagwaza-Msibi gesê. “Hulle het by die voordeur ingekom, my dogter aangehou en die huis geplunder.”

KaMagwaza-Msibi was nie tydens die inbraak by die huis nie. “Ek is dankbaar dat my dogter ongedeerd is, maar sy is erg getraumatiseerd. As ʼn ma kan jy jouself net indink deur watter trauma sy tydens die voorval moes gaan,” het sy bygevoeg.

Sy het gesê die inbrekers het met waardevolle items gevlug.

Die provinsiale polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

Ek is gladnie onsimpatiek nie, maar ja wat kan ek se…???

EMK ·

Nou weet sy hoe meeste Suid Afrikaners elke liewe dag moet voel wat onder die juk van misdaad moet lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.