Rowers sak toe op Wes-Randse hoërskool

Panyaza Lesufi het die rooftog veroordeel. (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

Twee gewapende rowers het Vrydag op die AB Phokompe High School in Randfontein toegeslaan en verskeie onderwysers asook die skoolhoof aangehou en beroof.

Die rowers het glo toegang tot die skoolterrein verkry deur aan te voer dat hulle ’n afspraak met die skoolhoof het.

Luidens ’n verklaring deur Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het die rowers die personeel van hul persoonlike besittings, waaronder juwele, selfone, geld en vyf skootrekenaars beroof.

Die rowers het glo ook op die sleutels van die skool se kluis aangedring, maar het in ’n motor gevlug sonder om toegang daartoe te verkry.

“Ons veroordeel hierdie lafhartige daad van die rowers om ʼn hoërskool in die gemeenskap te teiken. Ons doen ʼn beroep op dié gemeenskap om die polisie met inligting by te staan sodat die skuldiges aan die pen kan ry,” het Lesufi Sondag gesê.

Die betrokke personeel is nie tydens die voorval beseer nie, maar sal Maandag traumaberading deur die onderwysdepartement se psigososiale eenheid ontvang.

Volgens Lesufi word die voorval deur die polisie ondersoek.

Die polisie het intussen nog nie op Maroela Media se navraag reageer nie. Dit is dus nie duidelik of enigiemand intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wesie

Terreur aan die orde van die dag.

Aai

En Lesufi wat gaan jy doen oor dit jy kan niks doen kry jou maaitjies om die land reg te ruk.

JM

Wat is die volgende teiken? Die skuim is ook almal gewapen. Bheki Cele moet liewer poog om hierdie gemors te ontwapen as eerbare burgers.

Persheks Adri

Helder oordag en ek’s seker die wapens is gelisensieerd ook ne!

Sandra

Ek wed jou mens sal nie die op Lesufi se Twitter kry nie, en die EFF sal ook nie hier kom toyitoyi vir die ongeregtigheid wat die mense moes deurgaan nie. Dat hulle so blatant ‘n skool kan beroof is absoluut verregaande. Ouers stuur hulle kinders skool toe omdat hulle daar veilig moet wees. Asof daar nie al klaar ‘n agterstand in die onderwys is weens die pandemie nie. Nou die ook.