Rowers se ontploffing flop

(Foto: Shutterstock)

ʼn Groep verdagtes kon nie kontant uit ʼn kluis by ʼn vulstasie in Lydenburg, Mpumalanga, kry nie toe hulle onsuksesvol die kluis wou oopblaas.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê vyf verdagtes het Maandag omstreeks 00:10 op die vulstasie toegeslaan. ʼn Aanklag van die oortreding van die Wet op Springstowwe word ondersoek.

“Die voorval het begin toe ʼn man in ʼn wit Ford Ranger by die vulstasie aangekom het. Hy het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die pompjoggie gyselaar gehou. Hy het hom gedreig om sy tenk vol te maak. Daarna het die gewapende man die pompjoggie en sy kollegas in die winkel in gedwing. Hulle is almal met ʼn vuurwapen aangehou.”

Nog verdagtes het intussen by die toneel opgedaag en springstof gereed gekry.

“Die personeel is uit die winkel geskuif voor hulle twee harde knalle gehoor het toe die springstof afgegaan het. Die verdagtes het weer in die winkel ingestorm, maar hulle het oënskynlik met leë hande gevlug. Hulle het ʼn paar skote gevuur toe hulle weggejaag het. Geen beserings is aangemeld nie.”

Die polisie is in kennis gestel van die voorval en die ondersoek is van stapel gestuur. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

M ·

Die ritueel van die laaste sin, soos ‘n refrein, ( en nie Maroela se skuld nie) is seker maar die “nuwe normaal” om mee saam te leef …. totdat die anc totaal verval en vou… hopelik nie eens meer enigsins enige politieke “mag” het nie.

Vanessa ·

Ek is so dankbaar dat die mense se lewens gespaar is. Dis ‘n siek land waarin ons woon. Misdadigers het die hef in die hand en ons eerlike mense wat ‘n bestaan probeer voer lewe in vrees, wanneer is dit een van ons!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.