Rowers skiet DA-LP oor horlosie

Cameron Mckenzie DA-LP (Foto: Verskaf)

DA-parlementslid Cameron Mackenzie is Dinsdagmiddag geskiet toe twee rowers sy polshorlosie probeer steel het. Die voorval het by die ingang van die Dainfern Ridge-landgoed in die noorde van Johannesburg, waar MacKenzie woon, plaasgevind. Hy is lid van die portefeuljekomitee vir kommunikasie in die parlement.

Mackenzie vertel hoe twee rowers Dinsdag omstreeks 15:20 ʼn vuurwapen teen sy kop gedruk het toe hy sy arm by sy motorvenster uitsteek om homself by die landgoed in te laat. Die landgoed se sekuriteitsbeamptes het die rowers gewaar en nader beweeg.

MacKenzie sê dit het gelyk of die rowers paniekrig raak en het ʼn skoot afgevuur wat hom in die voorarm getref het. Die rowers is toe vort sonder die horlosie.

In die skietvoorval is die been in Mackenzie se voorarm gebreek en het hy ook vaskulêre skade opgedoen. “Daar was baie bloed, want hulle het van my are raakgeskiet,” sê Mackenzie. Hy het reeds ʼn operasie ondergaan en sterk goed aan in die hospitaal.

“Ek is dankbaar ek leef. Ek wil graag my waardering uitspreek teenoor die polisie, die sekuriteitsmaatskappy en paramedici was so vinnig gereageer het op die voorval,” sê Mackenzie.

Die DA het sy woede uitgespreek oor die voorval en wil die publiek opnuut bewus maak van misdaad in die land. “Niemand is meer veilig nie en misdaad raak ons almal,” meen Natasha Mazzone, DA se hoofsweep.

“Dié voorval herinner ons almal daaraan om die stryd teen misdaad ons hoofprioriteit te maak. Ons moet die stryd namens alle Suid-Afrikaners voortsit om die land ʼn veiliger plek vir almal te maak. Ons moet nie in vrees leef nie.”

Mazzone sê die DA doen ʼn beroep op die polisie om so vinnig moontlik op te tree om die skuldiges vas te trek.

“Ons dink aan Mackenzie en sy gesin, en so ook alle Suid-Afrikaners wat al te lank onder misdaad moes ly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arak

Jammer dat nog iemand geraak is deur die vreeslike misdaad in ons land.
My hoop is dat die DA voortaan net soveel woede sal begin uitspreek teen die onophoudelike vreeslike plaasmoorde.

Henning

Broeder twis?

TwaalfBoor

Net nog ñ onwettige vuurwapen wat nie ingehandig is nie. Maar die wetsgehoorsame eienaar word geboellie om syne in te handig.

Clock

Sterkte Cameron. Wonder hoekom het die nader bewegende wagte nie die skurke opgemerk het voor hulle toegeslaan het nie. Sit ook maar net die stoele vodde.

Heksie

ek dog dan Dainfern is so “grand” … hoekom moet jy nog ‘n kode met jou hand intik op ‘n paneelbord?
En sekuriteit? Sit vas aan die wakker in daai “office” van hulle …