Rowers skiet op Muldersdrift-egpaar

Shaun en Marina Smit met hul kinders, Richard en Joha-nné. Foto: Verskaf

Shaun en Marina Smit met hul kinders, Richard en Joha-nné. Foto: Verskaf

ʼn Egpaar van Muldersdrift aan die Wes-Rand is Sondagoggend in hul bed op hul kleinhoewe gewond toe rowers vyf skote op hulle afgevuur het.

Marina Smit (27) het gesê sy het omstreeks 02:00 wakkergeskrik en geskree toe sy twee mans voor haar en haar man, Shaun (32), se bed sien staan het. Hul seuntjie, Richard (20 maande), wat langs hulle in sy bababedjie geslaap het, het ook weens die skote wakker geskrik en begin huil.

Shaun is drie keer in die been geskiet terwyl sy in die boud gewond is. Richard is ongedeerd. Die egpaar se dogter, Joha-nné (5), het die aand by haar ouma geslaap.

Die egpaar is vasgebind en van hul trouringe, selfone, juweliersware, skootrekenaars en televisiestel beroof. Volgens Smit het die rowers hulle gewaarsku om 30 minute te wag voordat hul die polisie kontak.

Smit het gesê die polisie was spoedig op die toneel, waarna hulle dadelik die egpaar se verklarings geneem en die perseel deursoek het.

Die egpaar het ʼn maand gelede na dié kleinhoewe verhuis en sê dat hulle die aand voor die voorval hul laaste bokse uitgepak het. “Dit was ʼn baie traumatiese ervaring en daarom het ons het besluit dat ons dadelik wéér gaan moet trek,” het Smit gesê.

Sy is van mening dat die voorval plaasgevind het weens ʼn gebrek aan sekuriteit op dié erf. “Daar is gewoonlik twee sekuriteitswagte wat toesig hou oor al vier huise op die erf. Saterdagaand was die eerste aand sedert ons ingetrek het wat hulle nie aan diens was nie.”

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, is dit verblydend om te hoor dat die SAPD se optrede en reaksie op die egpaar se noodoproep spoedig was.

“Ons sal aanhou om saam met die polisie te werk om te verseker dat hul diens verder verbeter en dat hul samewerking met lede van die gemeenskap toeneem.”

Shaun is tans in die Life Robinson-hospitaal in Randfontein. Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Koos ·

Die Muldersdrif klink na ‘n baie gevaarlike plek hoeveelste aanval is dit al hierdie jaar tyd om ‘n buurt wag te begin saam met die boere van Parys en die ongewensde elemente daar te verdryf en uit te hou

Mamparra ·

Regtig Koos? Parys, Muldersdrif? Kyk bietjie google maps.

Wat-ek-lees ·

BEIDE wagte ‘toevallig’ nie op diens? Daar lê die kern van die probleem. Sterkte aan die betrokkenes.

Pastoor ·

Dit absoluut on aanvaarbaar. Ek le op my bed en lees hierdie artikel. Ek bly in n veiligheidskompleks. Ons het 10 eenhede. Buiteom is pallesdades voor en agter. Langs die kante is mure. Alles 6 vt hoog. Aan2 kante is daar dubbeld doringdraad bo op ennaan 2 anderkante elektriese heinings. Dan by my deure is daar ekstra dik spaanse styl venster beddekkings. Daar is voor en agter spesiale slotte enmoral sekuriteits ligte by die garages en parkeer areas. Dan kommjy op by die trappe. Daars n groot swaar staal deur met n dik silinderslot aan. Onder is daar ogie en deur magbete. Dit hetmy seker R 25000 gekos. Plus daar 24 uur armed response. Daar 3 deure by voordeur. Dan lees ek dit. Steeds probeer rowers inbreek. Hulle het saterdag die doringdraad geknip om te probeer die swaarvdubbel klawerslot oop maak. Wat moet ons nog doen. Ek sit in maksimum sekuritet gevangenis

Marina ·

Ja, “toevallig” was hulle nie aan diens nie, kan jou se dis waar die probleem is. Sterkte vir julle!

ELIZE ·

Kan iemand my sê presies waar in Muldersdrift dit plaasgevind het, ek bly ook in Muldersdrift op ‘n plaas?

Benné ·

Elize, dit is my suster en haar man gewees- dit was naby Memoire Wedding Venue (as jy weet waar dit is)

Denise ·

Kleinhoewes is nou hul teikens dit is afgelee dit is skokkend die mense het nou net ingetrek o nee dit is net te erg sterkte aan die familie!!!

Anita ·

Ons meethuiskompleks maak ook gebruik van ‘n wag (wat mens die volgende dag kan opcheck via website). Dit is skokkend om te sien hoe slaap hulle terwyl hulle eintlik moet werk. Soms is dit meer as die helfte van die tyd. Baie keer met vakansie dae, daag hulle nie eens op nie! Praat mens daaroor met die bestuur, trek hulle net hulle skouers op (alle sekuriteits maatskappy is maar so …). Die sekuriteits maatskappy maak elke keer mooi beloftes. En dan betaal jy maar voort vir ‘n diens wat nie altyd daar is nie.

Nita ·

Leer ons dan nie? Wie trek nou nog na n plot of n plaas toe? Die groot idee is dan om wittes van grond af te verdryf. So as jy jou lewe lief het en jou besittings wil behou, woon maar in die dorpe of stede. Dis nie n waarborg dat jy misdaad sal vryspring nie, maar jou kanse is darem beter.

Benné ·

Nee Nita, jou kanse is nerens beter nie… maak nie saak waar jy is nie. As jy dink jou kanse is beter in die dorpe maak jy ‘n groot fout! As jy nie eers meer veilig kan wees by ‘n petrol stasie of robot nie, wat laat jou dink jy is beter af in die dorp as op ‘n kleinhoewe? Die plek waar hierdie mense gebly het is ‘n kleinhoewe, waar daar 3 ander huisies was- almal loop afstand van mekaar af (soos in normale dorp gebiede)… so probeer weer dink aan ‘n plek wat veilig is asb?

ekke ·

Dis ons op plotte en plase wat sorg dat julle groente, vrugte en vleis op jou bord het…….jy is nerens veilig al spandeer jy hoeveel…….

Armando ·

Wil nie slim en beterweterig wees nie… Maar dink julle nie dat die erns van die saak en die werkloosheidkrisis regverdig die gebruik van OPGELEIDE, goedbetaalde, uitgesoekte veiligheidsmense wat ook nader aan mens staan nie?

Ashtia Horne ·

Dit is vir my verskriklik hartseer.
Dit kan nie so aangaan nie. Daar is ‘n baie goeie CPF in die muldersdrift area en Conserv security is baie betrokke.
Maar die feit dat die sekuriteits wagte nie opgedaag het nie is kommerwekkend. Dis juis dan wat mens al n boehaai moet maak hulke betaal vir die diens. My hart gaan uit na sue hele Smit gesin dir miet ongelooflik traumaties wees en ek dink maak nie saak waar hulle nou gaan woon daarsie vrees is in jou elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.