Rowers skiet tiener vir selfoon

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Tienerseun is Donderdagmiddag geskiet en van sy selfoon beroof terwyl hy daarop musiek loop en luister het.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê die 15-jarige slagoffer het omstreeks 13:00 in Rose-singel in New Germany geloop toe twee mans in ʼn wit Renault by hom stilgehou het.

“Die verdagtes het op die seun se foon aangedring. Die seun het die selfoon in die rigting van die naaste huis gegooi. Een van die verdagtes het toe ʼn vuurwapen uitgepluk en die seun in sy linkerbobeen geskiet, waarna hulle met sy foon in die motor op vlug geslaan het.”

Die seun is deur paramedici van ER24 op die toneel behandel. “Die seun het langs die pad gelê, omring deur lede van die publiek en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum. Hy was in ʼn ernstige toestand. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Life Westville-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Die Pinetown-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Erika ·

Ons sal bewus moet raak van die feit dat ons nie ons besittings ten toon moet stel nie. Jy moenie met jou selfoon loop en musiek luister nie…die rowers gaan dit probeer afvat. Mense wat drafor, stap met oorfone in hul ore weet eerstens nie van wat om hul aangaan nie….tweedens wys hulle aan die rowers dat hul n selfoon het….die uiteinde is…roof of nog erger…..jou lewe.

Lou ·

Ek is nie beried om in ‘n tronk te bly waar ek myself moet toesluit en oral ongesiens rondsluip nie. Ek baklei eerder. As ek verloor is dit ook OK.

Andrea ·

Ek stem saam, Erika. Berlede Vrydagaand ry ek tienuur die aand in ons woonbuurt. Hier draf n vrou met oorfone in haar ore. In die donker , want soos gewoonlik brand daar net n paar straatligte. Dis mos moeilikheid soek!

Dirk ·

Andrea ja ek stem saam met jou daai vrou is bloodweg onnosel as mens dink SA is een van die gevaarlikse lande om nou in te lewe. Maar ja is ook steeds verkeerd om te roof en veral te skiet om iemand om sy besittings met geweld te wil af neem. So n persoon verdien nie n lewe nie.

Vanes ·

Ai die land waar in ons bly. Ons kinders se toekoms is onseker. Mens kan nie vooruitgaan in die land nie.

LB S ·

Ek woon in ‘n “ordentlike” woonbuurt maar ek sal dit nie waag om met my iPod te gaan stap nie. Waarom die skelms uitlok? Dit is net nie die moeite werd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.