Rowers skiet Umhlanga-man

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Inwoner van Glen Anil, net suid van Umhlanga in KwaZulu-Natal, is Saterdag gedurende ʼn gewapende roof geskiet.

Brian Jackson, bedryfsbestuurder van Blue Security, het gesê dat die inwoner van The Curl, ’n straat in dié buurt, haar huis se interkomstelsel-klokkie kort na 18:00 gehoor het. Sy het egter nie oopgemaak nie.

“Vier gewapende rowers het toe die hek voor die oprit ontspoor en ʼn skuifdeur oopforseer om toegang tot die perseel te kry,” het hy gesê. Die rowers het die huis omgekeer en ʼn televisie, juweliersware, kontant en selfone gesteel.

“Toe ons gewapende reaksie- beampte by die toneel opdaag, het die rowers verskeie skote afgevuur terwyl hulle gevlug het. ʼn Dwaalkoeël het ʼn buurman in die skouer getref,” het hy gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Umhlanga-hospitaal gehaas.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Waar was die vrou toe gedurende die inbraak of is dit meer as een wooneenheid?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.