Rowers slaan binne paar uur toe op twee vulstasies

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Polisie in die Oos-Kaap het hul kommer uitgespreek oor ’n reeks gewapende rooftogte by vulstasies in die Nelson Mandelabaai-omgewing.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê vier gewapende mans het Vrydagaand op ’n Sasol-vulstasie in Nzungastraat in Motherwell toegeslaan. Die voorval het omstreeks 20:30 plaasgevind.

’n Onbekende hoeveelheid kontant, sigarette en drie selfone is tydens die aanval gebuit. Dit kom slegs ’n paar ure nadat mans omstreeks 18:00 ’n Fidelity-sekuriteitswag by ’n Caltex-vulstasie in Struandale beroof het.

’n Onbekende hoeveelheid kontant is gesteel, asook leë houers waarin kontant in die kluis gestoor word. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Polisie het vulstasies gewaarsku om paraat te wees en sekuriteit op te skerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

popeye ·

Vraag…, ek bevind my in die onbenydigwaardende situasie waar ek ongelukkig by so vulstasie is waar ,buiten die roof, hulle my motor ook kaap om weg te kom . Wie is verantwoordelik vir die branstof rekening van dit wat reeds ingegooi is? Die eienaar vra my omdat ek daar gestrand en verdwaas staan vir betaling. Ek sê gaan vlieg, my beursie is saam met my motor weg, ek het bestel…hulle het gery…..????

Willa ·

Dis n interesante een, ek weet dis baie gevra, maar vulstasie eienaars wat veiligheid en meer beskerming bied, verdien meer ondersteunig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.