Rowers slaan helder oordag op plaas toe

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Groep gewapende rowers het Donderdag helder oordag op ʼn plaas in die Ingogo-gebied, noord van Newcastle in KwaZulu-Natal, toegeslaan.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het omstreeks 09:15 by die plaas in die Bothaspas-gebied aangekom.

Volgens Zwane was die klaer en ʼn groep werkers besig met hul werk toe hulle deur die rowers gekonfronteer is. “Die verdagtes het vuurwapens te voorskyn gebring en lukraak begin skote afvuur. Een van die werkers is gewond,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane het die rowers in die klaer se huis ingegaan en ʼn kluis oopgebreek waaruit hulle ʼn onbevestigde bedrag geld geroof het. “Die verdagtes het in hul wegkommotor van die toneel gevlug. Die gewonde werker is daarna na ʼn hospitaal gehaas.”

Zwane het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aasvoels

Wat van poging tot moord of het julle dit vergeet?
Of is dit net ‘n bysaak? Colateral damage?

Piet

Huisroof????? Waar is die poging tot moord saak? Iemand is dan geskiet

Leepoog

Eers was dit in die nag, toe in die dag, eers was dit net boere, nou ook hulle werkers . maar NEE As daar gestem word stem almal vir grondonteiening . so ja . wat sal ons se? Al wat ek vir al die blinkogies wil se wat dink hulle gaan grond kry .. ALLES GAAN AAN DIE REGERING BEHOORT .. julle gaan fietol he .. absoluut niks nie .. julle gaan moet huur en as julle nie geld het nie gaan julle van die land afgegooi word . moenie jouself in ander se LEED verlustig nie . dit kom… Lees meer »

Boland

Hoe kan dit huisroof wees as iemand gewond is.

Penellope Jones

Raak al hoe meer openlik, gevaarliker, arrogant en meer brutaal.
Niks en niemand keer hulle dan nie.