Rowers slaan helder oordag op plaas toe

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Groep gewapende rowers het Donderdag helder oordag op ʼn plaas in die Ingogo-gebied, noord van Newcastle in KwaZulu-Natal, toegeslaan.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het omstreeks 09:15 by die plaas in die Bothaspas-gebied aangekom.

Volgens Zwane was die klaer en ʼn groep werkers besig met hul werk toe hulle deur die rowers gekonfronteer is. “Die verdagtes het vuurwapens te voorskyn gebring en lukraak begin skote afvuur. Een van die werkers is gewond,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane het die rowers in die klaer se huis ingegaan en ʼn kluis oopgebreek waaruit hulle ʼn onbevestigde bedrag geld geroof het. “Die verdagtes het in hul wegkommotor van die toneel gevlug. Die gewonde werker is daarna na ʼn hospitaal gehaas.”

Zwane het gesê ʼn saak van huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Aasvoels ·

Wat van poging tot moord of het julle dit vergeet?
Of is dit net ‘n bysaak? Colateral damage?

Piet ·

Huisroof????? Waar is die poging tot moord saak? Iemand is dan geskiet

Leepoog ·

Eers was dit in die nag, toe in die dag, eers was dit net boere, nou ook hulle werkers . maar NEE As daar gestem word stem almal vir grondonteiening . so ja . wat sal ons se? Al wat ek vir al die blinkogies wil se wat dink hulle gaan grond kry .. ALLES GAAN AAN DIE REGERING BEHOORT .. julle gaan fietol he .. absoluut niks nie .. julle gaan moet huur en as julle nie geld het nie gaan julle van die land afgegooi word . moenie jouself in ander se LEED verlustig nie . dit kom terug na jou toe!!

Penellope Jones ·

Raak al hoe meer openlik, gevaarliker, arrogant en meer brutaal.
Niks en niemand keer hulle dan nie.

Callie ·

Kan oud Gen Constandt Viljoen nie van ons ou manne wat browns gedra het bymekaar kry nie. Kyk of daar dan nog so baie brawe grootpraters soos Malema is om haatspraak te pleeg. Dalk is ons oud maar die skills en die guts is nog daar.

TLC ·

Callie ek hou van hoe jy dink nou hoop ek iemand doen want ek weti hoe nie. Of dalk surprise hul ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.