Rowers slaan met aanvalsgeweer op mark toe

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die varsproduktemark in Welkom in die Vrystaat is vroeg Vrydagoggend deur ’n groep mans beroof. Die mans was onder meer met minstens een aanvalsgeweer gewapen.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n onbekende aantal mans het omstreeks 06:00 op die varsproduktemark in Mannys toegeslaan.

Die mans het die mark met pistole en minstens een aanvalsgeweer ingestorm en dié vuurwapens op veiligheidswagte, kassiere en klante gerig.

Mbambo sê die rowers het die veiligheidswagte na die kassiere se kantoor gedwing. Die rowers het een ​​van die veiligheidswagte van sy pistool beroof voordat hulle met dié vuurwapen en ’n onbekende bedrag kontant van die mark op die vlug geslaan het.

Die verdagtes het in twee motors, waarvan die een ’n wit Mercedes-Benz sonder nommerplate, op die vlug geslaan en is sedertdien soek.

Niemand is gedurende die voorval beseer nie.

Die polisie in Welkom ondersoek ’n saak van gewapende roof.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om lt.kol. Mokgethi Khapola of die plaaslike speureenheid by 082 6844 890 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Persheks Adri ·

My magtag met ‘n aanvalsgeweer great nog meer rede dat SAPS ons NIE ontwapen NIE!!! Hulle haal nou die groot gewere uit.

Cele waar is jou uniforms om almal te beskerm huh?

Samuel ·

Die aanvallers het seker gelisensieerde vuurwapens wettiglik gebruik??

Persheks Adri ·

Pragtig hoedeman kyk wat gaan aan! My magtag met ‘n aanvalsgeweer great nog meer rede dat SAPS ons NIE ontwapen NIE!!! Hulle haal nou die groot gewere uit. Cele waar is jou uniforms om almal te beskerm huh?

Sarel ·

Minister verduidelik hoe wil u wetsgehoorsame burgers ontwaodn maar nie Kriminele nie
. Waar kom die Aanvalsgeweer vandazn

Nie Verbaas ·

Ek neem aan die rower het n lisensie vir die aanvalsgeweer en het dit nie gebruik vir selfverdediging nie. Ne hoed?

Stefaan ·

‘n Pistool of enige iets wat jy gebruik om mee aan te val is ‘n aanvals wapen. As jy ‘n jag geweer gebruik is dit ook ‘n aanvals geweer

twaalfboor ·

Cowboy….. Jy gaan my vuurwapens “letterlik” oor my dooie liggaam moet vat. Maar voor dit…………………

Blomme ·

Wettelose Land. Geen afskrikmiddel meer om misdaad af te weer. Hulle wag nou nie eens meer vd nag nie.. Sommer helder oordag met klompe toeskouers! Om alles te kroon…hulle kom weg daarmee. Skurke kry mos opgeskorte vonnisse en of borgtog waarin hulle net voortgaan met hul bedrywe! Wat ń grap!!! Waar gaan ons eindig?

Herms ·

En die aanvallers het sekerlik lisensies gehad vir die vuurwapens……..

Danie ·

Uh, net so terloops, Cele lees nie hierdie berigte nie.
Ek dog ek help net

Persheks Adri ·

Hy verstaan nie Afrikaans nie, maar dis ok ons doen ons petitions in engels en met feite klaar

SjN ·

Die klomp is honger, geldhonger, daar was klomp groente om te eet maar gebruik onwettige wapens om te roof, Hoedeman is nie in beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.