Rowers slaan op bekende veiligheidsmaatskappy toe

Argieffoto

Argieffoto

Die bekende veiligheidsmaatskappy G4S se tak in Marble Hall is Woensdagoggend van ʼn onbekende bedrag geld beroof.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het omstreeks 01:30 op die maatskappy se perseel toegeslaan en ʼn voertuig gebruik om ʼn veiligheidsdeur oop te forseer. “Dit blyk dat tussen tien en 12 verdagtes in vier voertuie die rooftog uitgevoer het. Verskeie skote is in die lug gevuur,” het sy gesê.

Volgens Otto is niemand tydens die rooftog beseer nie, maar het die verdagtes met ʼn onbekende bedrag geld gevlug. Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Maroela Media het G4S genader, maar die maatskappy wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dee ·

Dis sal so maklik wees om die geldkaste so te ontwerp dat die geld met ‘n kleurvloeistof bederf word wanneer oopgeforseer. Dit is so eenvoudig en dit kan nie wees dat ek die eerste is wat daaraan dink. Dit beteken dus dat die finansiële instellings dit gelate laat steel. Hulle probeer dit nie verhoed nie want die geld kan onbruikbaar gemaak word indien dit nie met die regte sluitels oopgemaak word nie.

Peet Schabort ·

Maroela Media: 30 Nov 2015: Wagte beseer nadat bende op geldwa (G4S) toeslaan(naby Roedtan, Groblersdal).
Lui dalk ‘n klokkie van ‘n ‘binnewerkie’?

Peet Schabort ·

Uiters goeie en ‘n intelligente vraag Sumari.
Gaan vra dit egter vir die drukkersduiwel. As hy nie weet nie dan . . .

Gemmer ·

Dee, ek beantwoord graag jou vraag, as jy lees sal jy sien hulle het die tak beroof en die mure omgery, dus, G4S tel die geld binne en dit word in “vaults” gesit, die geld is dus beskikbaar binne die tak terwyl die mense dit tel, die kleurstof wat jy voorstel word wel gebruik en mag ek bylas dat G4S die eerste maatskappy is wat dit begin gebruik het, dit word gebruik wanneer hulle die geld vanaf die trokkie na die OTM verskuif of vanaf ‘n winkel na die trokkie ens, as jy dan die “cannestar” op die verkeerde tyd los of as dit uit jou hand geruk word skei die stof af waarna die geld nie meer gebruik kan word nie. Dus indien jy binne in jou tak geroof word kan dit nie toegepas word nie, dit is net so wel ‘n bank word geroof bv. binne hulle vaults, daar is nog nie so iets om dit daar te verhoed nie, of om die geld onbruikbaar te maak nie, maar glo my daar word aan tegnieke gewerk om dit ook te verhoed.

Dee ·

Dankie vir jou antwoord, Gemmer. Het gedink dat dit wat ek sê nie oorspronklik is nie maar dat ek êrens daarvan gelees het.

Dit word dus tog nie effektief gebruik nie want geldvervoerwaens word beroof sonder ophou. Indien dit wel gebruik word sal vervoerwaenstog nie so dikwels omgestamp en oopgesny word nie. Ek glo jou dat daar aan tegnieke gewerk word om geld binne banke ook te beveilig maar dit kan tog nie sò moeilik wees nie? Ek meen, as banke dan beperkte hoeveelhede geld beskikbaar moet hê dan is dit dit. Beperkte hoeveelhede geld en dit sal enkele minute neem om nuwe voorraad uit te haal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.