Rowers slaan op Centurion-winkelsentrum toe

misdaadtoneel

Argieffoto

Ongeveer tien rowers het Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn winkelsentrum in Centurion toegeslaan waar hulle ʼn kitsbank beroof het.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane Metropolisie (TMPD), het gesê die rowers het tussen 02:00 en 03:00 by die Forest Hill City-winkelsentrum opgedaag en geld uit die kluis van die Standard Bank-kitsbank geroof.

“Toe beamptes van die SAPD by die toneel opdaag, het die verdagtes op hulle losgebrand en gevlug in die rigting van die begraafplaas agter die winkelsentrum,” het Mahamba gesê. Hy het gesê die TMPD se honde-eenheid het in daardie oomblik by die toneel opgedaag en die verdagtes agternagesit.

“Een verdagte is vasgetrek waar hy agter bosse weggekruip het. Hy is teruggeneem na die winkelsentrum toe waar die sentrum se veiligheidsbeamptes hom uitgeken het as een van die verdagtes wat deel was van die groep,” het Mahamba gesê. Die ander verdagtes is steeds op vrye voet.

Mahamba het gesê sake van sakeroof en poging tot moord is aanhangig gemaak vir nadere ondersoek. Hy het die beamptes geloof wat hul lewe in gevaar stel om misdaad te beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eric ·

“Hy het die beamptes geloof” REGTIG een uit die tien gevang!!

Johan ·

Lmga net in die land van ons …..net 1 uit 10 10% vir daai toets SAPS

Sonet Klopper ·

En wat presies doen julle om ons land te beveilig teen die magdom kriminele behalwe om vanaf agter julle skerms te sit en kritiseer? . Hierdie mans en vrouens plaas daagliks hul lewens in gevaar om crime te veg teen belaglike vergoeding en konstante kritiek, Net soos in elke beroep is daar vrot appels wat getroues afbring maar so ook is daar polisie lede wat werklik in die beroep is om ‘n versil te maak. Well done aan Wierdabrug, Olivenhoudt en Lyttleton se lede wat hul bes doen. Ons kry daagliks met van die lede te doen en weet watter effort julle insit. Hoop die verdagte wat gevang is sing soos ‘n kanarie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.