Rowers slaan op juwelierswinkel toe

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

Gewapende rowers het Sondag op ʼn juwelierswinkel in ʼn gewilde Kaapse inkopiesentrum toegeslaan.

Die rowers het die winkel in Cavendish Square in Claremont geteiken. Volgens ʼn ooggetuie is die personeel in die winkel met ʼn vuurwapen aangehou. ʼn Rookbom het ook later afgegaan kort voordat die alarm geaktiveer is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die polisie ʼn sakeroof ondersoek.

“Volgens ons inligting het vier gewapende verdagtes ʼn juwelierswinkel in Claremont beroof. Die verdagtes het met ʼn onbekende hoeveelheid juweliersware gevlug,” het Van Wyk gesê.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Mense met inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop by 0860 010 111 te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Verkiesing is nou naby en partye het baie geld nodig vir vekiesing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.