Rowers slaan op kerk toe

Argieffoto: SAPD

Drie gewapende mans het Vrydag op ʼn kerk in New Brighton in die Oos-Kaap toegeslaan en nagenoeg 15 kerklede beroof.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 12:15 by die Good News-gemeenskapkerk in Stofilestraat plaasgevind.

“Een van die verdagtes het buite die kerk wag gehou terwyl sy twee medepligtiges die kerkgebou betree het. Sowat 15 kerklede was in die gebou en besig om kos vir ʼn geleentheid voor te berei,” het Beetge gesê.

Die verdagtes het op die kerklede se selfone en geld aangedring. Ses selfone en ʼn bedrag geld is geroof voor die verdagte te voet op vlug geslaan het.

Daar is geen geld van die kerk gesteel nie en geen skote is afgevuur nie.

Die polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Snowball ·

Hierdie geweldenaars ontsien niks -kinders van die duisternis! Net moor, roof, plunder en verwoes bestaan in hulle verwysingsraamwerk, en so sal dit wees tot aan die einde van dae.

Riouna Martin ·

Jy weet dis n plek van God tot waar sal hulle nog gaan! Ek vrees ook om kerk toe te gaan met my kinders.

Johanna Botha ·

Nerens is jy veilig in SA …en moet nie staatmaak dat daar getalle mense is nie ….dankie anc !

Tuislander ·

Eie land waar kerke gerespekteer word, waar wet en orde gehandhaaf word. Ons mag nie eers meer God dien in vrede nie want die antichris het oorgeneem en dit is ons Christelike plig om nie meer deel van die land te wees nie.

marous ·

Dt het tyd geword dat die kerk mense op rowers begin toeslaan

Christa M ·

Hopelik spreek Minister van Polisie ook sy medelye uit soos in geval van moskee-aanvalle. We are all equal, some are just more equal than others.

Koos de Meyer. ·

Hierdie eens welvarende land van ons het ‘n rowerspelonk geword. Hulle ontsien nie eers die huis van God nie.

Geloof uit skole ·

Die linkses en kommuniste het geloof uit die land se skole gehaal en Christenskap ‘n skande probeer maak. Die sataniste het oorgevat en ons moet ons eie land kry waar ons ons Christenskap in vrede kan uitoefen.

Mossie Bossie ·

Selfs die skelms het agtergekom die kerke het baie geld. Daar word mos deesdae net geld gepreek en nie meer bekering nie.

Wilma ·

Govt officials stel ni belang om misdaad te stop. Hul vet salaris tjeks is belangriker.

Johan ·

Wat verwag julle…die arrogansie is so groot dat polisiestasies en op n keer n weermagbasis se wapens van die soldate dink ek..geroof is….jy kan so iets enige plek enige tyd verwag…niemand word oorgesien nie…niemand of niks

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.