Rowers slaan op Noordwes-bank toe

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Gewapende rowers het Maandagoggend die Absa-bank in Stella, tussen Vryburg en Mahikeng in Noordwes, van “ʼn aansienlike bedrag geld” beroof.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê een van die verdagtes het die bank binnegekom onder die voorwendsel dat hy ʼn veiligheidsdeur moet inspekteer. “Die verdagte was voorheen by dié bank werksaam gewees en werk tans by ʼn maatskappy wat veiligheidsdeure by banke installeer,” het Ramaloko gesê.

Die verdagte se medepligtige het by hom aangesluit waarna hulle die bankpersoneel met vuurwapens aangehou het. “Hulle het die kontant in die kluis gevat en op die vlug geslaan in ʼn wegkommotor wat naby die bank geparkeer was,” het Ramaloko gesê.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie is warm op die verdagtes se spoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GES ·

Dit wys maar net hoe die idiote dink. Slag die gans wat goue eiers lê en skielik is jy skatryk. Ongelukkig werk dit nie so nie en dit sou beter gewees het om eerder die gans te versorg. Daar is geen medikasie vir idiotisme nie.

Netso ·

Jip het ek ook gedink. Jammer ABSA, kry vir julle. Aangesien jul so diskrimineer…………………lekker man lekker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.