Rowers slaan op Pta-vulstasie toe

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na twee gewapende rowers wat Maandag in die vroeë oggendure op ʼn vulstasie in Temba, Pretoria toegeslaan het.

Konst. Petunia Chabangu, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het omstreeks 01:15 personeel by die Engen-vulstasie in Jubileestraat met vuurwapens gedreig en gedwing om die winkel oop te sluit. Hulle het een van die personeellede glo met ʼn vuurwapen oor die kop geslaan voordat hulle met ses selfone en ʼn onbekende bedrag geld gevlug het.

“Die verdagtes het met ‘n wit voertuig van die toneel gevlug. Die fabrikaat en nommerplaat is nie bekend nie,” het Chabangu gesê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Chabangu het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die ondersoekbeampte by 079 557 8592 of Crime Stop 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.