Rowers slaan op Woolworths-winkel toe

Die Canal Walk-winkelsentrum. Foto: http://conference.imesa.org.za/

Die Canal Walk-winkelsentrum. Foto: http://conference.imesa.org.za/

Die bekende kettingwinkel Woolworths se tak in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad is Maandagoggend in ʼn rooftog geteiken.

ʼn Woordvoerder van Woolworths het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Dit het gebeur voor die winkel oopgemaak het. Die aanvallers het ʼn onbekende bedrag geld uit die kantore aan die agterkant van die winkel gesteel,” het sy gesê.

Volgens die woordvoerder is niemand gedurende die voorval beseer nie en word die saak ondersoek. “Woolworths het streng veiligheidsbeleide en prosesse wat die impak van misdaad minimaliseer,” het sy gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die sakeroof in Milnerton plaasgevind het toe vier verdagtes hulle as kontrakwerkers voorgedoen het. “Vier verdagtes, waarvan drie gewapen was, het veiligheidspersoneel oorrompel, ʼn onbekende bedrag geld gesteel en in ʼn wit Toyota Verso gevlug. Geen skote is afgevuur nie,” het Van Wyk gesê. “’n Saak van sakeroof word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard ·

Maar ek verstaan daardie koopsentrum is ‘n vuurwapenvrye sone en die tekens word prominent vertoon? Kan die rowers nie lees nie? Of slaan hulle perdalkies juis dáár toe waar hulle weet wetsgehoorsame burgers het nie vuurwapens nie?

Peet Schabort ·

In die kol Gerhard. Hulle kan lees en slaan dan reeds daar toe. As hulle nie kan lees dan is die simbole wat gebruik word ook duidelik genoeg om vuurwapens te verbied.
Eerder beter om alle vuurwapens te verbied BEHALWE die rower s’n.
Klink so al asof jy jou lewe red deur van die brug af te spring.

Francois ·

Hoekom enigsins so ‘n berig plaas. Dis net dood en moord elke dag in Suid Afrika…en kan die SAPS iets daaraan doen…nee!!! Die Media NOG minder! Die buite lang verstaan mos nie Afrikaans nie. Of verstaan ek nie iets reg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.