Rowers slaan toe in krematorium

Argieffoto

Argieffoto

Roubeklaers is vroeër die week tydens ʼn begrafnis van hul selfone, klere en kontant beroof.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die begrafnis is Maandag by die Clare Estate Umgeni Hindoe-krematorium in Durban, KwaZulu-Natal, gehou. “Die roubeklaers is omstreeks 17:10 deur ʼn groep gewapende mans oorval. Hulle is met ʼn vuurwapen gedreig en van ses selfone, klere en kontant beroof.”

Mbhele het gesê die aanvallers het gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van roof word ondersoek. “Ons wil ʼn beroep doen op lede van die publiek om altyd waaksaam te wees, selfs wanneer hulle ʼn begrafnis bywoon.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Sydenham-speurtak te skakel by 031 203 2703/04 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tess

Dis nou n hele, nuwe laagtepunt! Even vir ons misdaad-gelaaide land..

Cherokee

Waar is daardie kommentators wat aan boere vertel het om ‘n doodskis by hul hek uit te stal en dan veilig te wees. Julle het ook net ‘n hoorsê storie vertel.

André

Volgende steel hulle die liggaam se klere of selfs die kis. Is daar enige plek waar mens nog kan wees en nie oor jou skouer hoef te kyk nie?

Katryn

Verseker! Wens daar was rerig spoke! Dan het hulle die skelms diewe moordenaars tot in die see gejaag en versuip!! Doodstraf is mos nie meer geldig nie. Daarom is hulle so braaf!

Dedrie Venter

Kol. Mbhele, nou word die wetsgehoorsame slagoffers weer gese om “versigtig te wees” asof hulle daarvoor gesoek het ?!!!! Regtig ???!! Dit gebeur omdat die regering en polisie nie hul werk doen nie !!!! Begin die wetter toepas en roei korrupsie uit, dan sal ons wetgehoorsame burgers dalk veilig kan voel om begrafnisse by Te woon, en selfs net veilig kan voel as jy in die nag in jou bed klim. Die polisie en regering moet ophou om die goeie wetsgehoorsame mense Te laat voel asof hulle iets verkeerd gedoen het wanneer dit by misdaad kom, julle val so maklik… Lees meer »