Rowers slaan toe in krematorium

Argieffoto

Argieffoto

Roubeklaers is vroeër die week tydens ʼn begrafnis van hul selfone, klere en kontant beroof.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die begrafnis is Maandag by die Clare Estate Umgeni Hindoe-krematorium in Durban, KwaZulu-Natal, gehou. “Die roubeklaers is omstreeks 17:10 deur ʼn groep gewapende mans oorval. Hulle is met ʼn vuurwapen gedreig en van ses selfone, klere en kontant beroof.”

Mbhele het gesê die aanvallers het gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van roof word ondersoek. “Ons wil ʼn beroep doen op lede van die publiek om altyd waaksaam te wees, selfs wanneer hulle ʼn begrafnis bywoon.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Sydenham-speurtak te skakel by 031 203 2703/04 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tess ·

Dis nou n hele, nuwe laagtepunt! Even vir ons misdaad-gelaaide land..

Laag ·

Ja Tess, só laag dat as hulle vir jou kyk dan loer hulle tussen hulle tande deur. Daar is net nie ‘n einde aan die metodes van misdaad. Niks en niemand is veilig in hierdie land.

Cherokee ·

Waar is daardie kommentators wat aan boere vertel het om ‘n doodskis by hul hek uit te stal en dan veilig te wees. Julle het ook net ‘n hoorsê storie vertel.

Ai tog ·

EN nou vertel jy die hoorse storie oor? Gelukkig was hierdie darem nie boere nie.

André ·

Volgende steel hulle die liggaam se klere of selfs die kis. Is daar enige plek waar mens nog kan wees en nie oor jou skouer hoef te kyk nie?

Katryn ·

Verseker! Wens daar was rerig spoke! Dan het hulle die skelms diewe moordenaars tot in die see gejaag en versuip!! Doodstraf is mos nie meer geldig nie. Daarom is hulle so braaf!

Dedrie Venter ·

Kol. Mbhele, nou word die wetsgehoorsame slagoffers weer gese om “versigtig te wees” asof hulle daarvoor gesoek het ?!!!! Regtig ???!! Dit gebeur omdat die regering en polisie nie hul werk doen nie !!!! Begin die wetter toepas en roei korrupsie uit, dan sal ons wetgehoorsame burgers dalk veilig kan voel om begrafnisse by Te woon, en selfs net veilig kan voel as jy in die nag in jou bed klim. Die polisie en regering moet ophou om die goeie wetsgehoorsame mense Te laat voel asof hulle iets verkeerd gedoen het wanneer dit by misdaad kom, julle val so maklik die slagoffers aan en laat hulle voel dat hulle iets verkeerd doen.

stem ·

my gevoel ook Dedrie….. wees versigtig – wat se nonsens uitlating is dit????

peter ·

Proudly South African (a new initiative) weereens bewys hulle GEEN respek of gevoel

Johannes Meintjes ·

In die gefaalde kommunisiese Nuwe SA staat sedert 1994 het ekonomiese agteruitgang, – ook in Suidelike-Afrikastate met swak of geen regerings en ekomonie, – veroorsaak dat onwettige immigrante en plaaslike Nuwe SA demokratiese burgers oral slaap, roof, plunder en ontwrig. Ek het gister verneem van nuwe gebou in Annlin, Pretoria, waar sluip-slapers in die “man gate” slaap waar elektiese en telfoon kabels voor nuwe woonstelle gelee is. Mense, medeburgers, kerk-, politeke- en gemeenskapleiers in die Nuwe SA; – wat doen ons om SA volhoubaar en ordelik te regeer en te administreer?

Estelle ·

Waarskuwing aan vroue wanneer daar in kerk gebid word om jul handsakke styf vas te hou en nie langs jou op bank of selfs by jou voete neer te sit nie want die skelms is ook daar om dit te gryp. Kan jy nou meer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.