Rowers slaan toe op bekende Pta-winkelsentrum

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Sportwinkel in ʼn bekende winkelsentrum in Pretoria is Dinsdagoggend beroof toe drie gewapende mans deur ʼn agterdeur in die diensgang die winkel binnegestorm het.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die winkelbestuurder en ʼn vrouewerknemer was omstreeks 09:00 ten tyde van die rooftog in die winkel in die Menlyn-winkelsentrum. “Die verdagtes het hulle gedreig en hul selfone, sportklere- en skoene geroof voordat hulle op die vlug geslaan het,” het Weilbach gesê.

Sy het gesê geen skote is tydens die rooftog afgevuur nie.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die winkel se werknemers is tydens die rooftog vasgebind en die vrou het geringe beserings opgedoen. Paramedici is na die toneel ontbied en sy is per ambulans na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Weilbach het gesê ʼn saak van sakeroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Sy het ʼn beroep op die publiek gedoen om enige verdagte persone en voertuie, veral voertuie sonder nommerplate, by 08600 10111 aan te meld of ʼn SMS te stuur na 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ander Annie ·

So begin die diewe se kersfees inkopie seisoen. Dankie tog dat almal veilig is. Ons is almal so weerloos teen die tipe aanvalle.

Eish ·

Treurige verhaal van die weefsel van ons volkie. Daar waar die aas is, sal die aasvoëls bymekaarkom.

Alida ·

Ek dog dan MENLYN is die plek waar jy veilig is. Toe nou nie !!!!

Theresa ·

Vra ook sommer dat die sentrumbestuur beter kyk dat diensgange se deure nie onbewaak oopgelaat word nie. Nou die dag naby Menlyn in ‘n sentrum gesien hoe lekker loop die sekuriteitswag en klets by een winkel in en”n ander uit. Op vakansie in sy uniform?? wel, die deure was oop en enige mens kan die sentrum so betree sonder dat die geselsende, wag iets sal agterkom VOORDAT DIT TE LAAT IS! Skerp die sekuriteit op met mense wat regtig wil werk. Daar is niks so liederlik soos ‘n sekuriteitsman wat lui-lekker rondhang of staan nie. Stel mense aan wat die misie aanhang om hul werk ordentlik uit te voer. ‘n Sekuriteitswag hoort ook nie parkering aan te wys vir ‘n ou tippie nie. Sekuriteit vir sekuriteit en elkeen moet probeer hul lisensie waardig wees.

A ·

Vreemd dat sekere mense altyd in ‘n rooftog net vasgebind word en geringe beserings opdoen terwyl ander eenvouding vermoor word. Eienaardig.

LMF ·

A. Presies my gedagte presies ek wou dit net nie sê nie maar dankie jy het

Rica ·

Nou hoe nou? Net vroegtydig begin inkopies doen vir die atletiek seisoen en selfone geneem om te kan uitvind hoelaat hulle waar moet gaan deelneem.!!

Eleanor ·

Dit is tragies – nee wat bring weer ORDENTLIKE BETROUBARE sekuriteit terug – in die laat 1980 was ons by elke sentrum deursoek vir wapens – maar nee toe is dit weer n probleem vir sekere mense – alles is toe weggevat. Ons spandeer ons geld by die winkel sentrums – laat die winkel sentrums dit veilig maak vir kliente en werkers – instaleer monitors soos by die lughawens.

Boet Fasie ·

In sekere gevalle werk sekuriteits wagte saam met die rowers om inligting te verskaf en selfs met voertuig diefstal hou hulle die diewe op hoogte wanneer ‘ n presiese model wat benodig word by die sentrum opdaag. Voertuie word nie net gesteel nie maar op bestelling gesteel en afgelewer, dieselfde met winkel roof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.