Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn soektog van stapel gestuur na vier gewapende rowers wat Dinsdag op ʼn toelaebetaalpunt in Stellenbosch toegeslaan het.
Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die rooftog het by Eikestad Mall plaasgevind.
“ʼn Onbekende bedrag geld is gevat. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof,” het Rwexana gesê.
Geen verdere inligting is bekend gemaak nie.
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel Stop Misdaad by 0860 010 111.
Nou wat verwag hulle…..dis wyd en syd deur die media verkondig dat kontant uitbetalings gedoen gaan word….het hulle nou wraggies gedink niks gaan gebeur…..